1973
Meneer Van Zyl, later meneer Gerber, bid aan die einde van die dag.
Jy staan met jou tas tussen jou voete en wag vir die Amen.
Dan fietsloodse toe, blou hoed op die kop.
Ek, Elfrieda Terblanche en Tokkie Human.
Oor Lynnwoodweg.
Queens Crescent tot by the Loop.
So dikwels het ek tydens die gebed gewonder wat my toekoms inhou.
Ek het gewonder of ek nog in 2000 sou lewe.
Ek het altyd op skool so gewens ek kon net n blik in my toekoms in kry.
Dank die Vader ek kon nie sien wat die toekoms inhou nie – alles was nie altyd gaaf en lekker en heilsaam en rooskleurig nie….
2025.
En nou is ek 70.
Ek is so dankbaar vir alles in my lewe.
My kinders en kleinkinders, my gesondheid.
Dankbaar daar is nie meer babadoeke, huilende babas, woelige seuntjies, moeilike tieners, en , en, en.
70 is wonderlik!
Dit is bevrydend!
Jy kan met jouself praat in die Spar.
Ook by die huis.
Jy kan 3 uur in die nag opstaan en gaan tee maak met n roosterbroodjie.
Jy hoef nie meer 6 uur op te staan vir die nuwe dag en uitdagings van die lewe nie.
Jy kan soggens as dit yskoud is buite, jou kop dieper onder die komberse indruk en weet, niemand wag op jou om hulle dag te begin nie.
Jy kan gaan stap en hoef nie meer te draf teen n horlosie nie.
Jy het tyd om almal wat verby kom te groet.
Jy het tyd om asem te haal and to smell the roses.
Die kids het gesê ons neem Ma weg vir Ma se verjaarsdag.
Pak maar warm klere in.
Ons gaan kamp!
In Augustus …. ag, dis seker maar die gedagte wat tel.
Ek pak n tas vol serpe en dik baadjies.
En toe was dit n pragtige huis op die see in Kommetjie vir 4 dae!
Hier is ‘n foto van my en die seuns en die 4 kleinkinders – spot the teenager – fed up with all of this!!
Die skoondogters het die fotos geneem en kos gemaak .
Sit Ma, ons is in beheer.
Wonderlik!
Die nuwe geslag vroue neem die leisels oor.
En ek kon net op die bank sit, vir die see kyk en met die kleinkinders gesels .
Hier is my uitnodigingskaartjie aan my vriendinne en n foto van n paar van ons.
Nog n ding van 70 – niemand dink dis vreemd dat jy wyn drink saam met koek nie.
Selfs nie eers 11 uur in die oggend nie.
En dan nog n ding van 70.
Ek het my skaal met die Tour d, Eiffel daarop, saggies onder die geverfde bal en klou kas in my badkamer ingestoot…..
Dit is nou tyd om te rus.



3 Responses
Dankie hiervoor , Louise. Was lekker om te lees .
Wonderlik Louise! Pragtig! Geniet verder! Annette
So spesiaal!