Ses klasmaats kuier by Boulders in die Krugerwildtuin

Ons matriekreünie van 2023 het ‘n gawe nadraai gehad. Ses van ons, met ons gades het vir ‘n week in die Krugerwildtuin gaan kuier: Ek (Koos Marais) en Ingrid, Bertus en Esme van Zyl, Francois de Vos met vriendin Rachelle, Charles en Olga Pretorius, Carl Brink en vriendin Lynette en Shortie en Salome Snyman het die wilderniskamp Boulders oorgeneem en heerlik gebraai en gekuier. Tussenin het ons ook ‘n paar limonades gebruik. Daar is maar net niks soos ou vriendskappe nie. Kom ons hou die blad lewendig. Stuur bietjie nuus en foto’s asseblief.

UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD
UNIENDD

3 Responses

  1. Dis duidelik julle het jul gate uit geniet! Daai paar “limonades” was seker veral lekker! Dit lyk of julle selfs ‘n paar diere gesien het! Geniet die volgende keer (ek hoop julle beplan alreeds!)!
    Beste wense, mooi loop!
    Annette (Zietsman)

  2. Hallo julle 6,
    Ja, soos Anette sê, selfs n paar diere gesien!
    Ek dink dit is min dat leerlinge van 51 jaar gelede mekaar weer sien en dan as vriende saam vakansie hou.
    Dankie vir die fotos en dat ons so ook kon deel in julle avontuur.
    Groete.
    Louise (van As)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *