Richard Dinkelmann

Die foto hier onder is in Desember ’22 in Wildernis, Suid-Afrika geneem. Ons kleindogter Emma is saam met Patty en ek by die strand.

Na skool het ek my diensplig in Voortrekkerhoogte asook Katima Mulilo (Suidwes Afrika) in die mediese korps gedoen.

In ’75 het ek 1e jaar tandheelkunde op Tuks geswot, maar die volgende jaar oorgeskakel na elektronise  ingnieurswese. Van my Parkie klasmaats was Johann Ahlers (hoofseun in ’74) en Calie Pistorius. Ek was lid van die “Velle” trapkarspan wat aan uithou wedrenne op sowat 6 kampusse oor Suidafrika deelgeneem het.

Net na my studies voltooi is, is ek met Patty Adam getroud (Jan ’80) en in April is ons vir 12 maande Duitsland toe met Siemens vir opleiding op die 1e digitale telefoonsentrales wat in Suid-Afrika vervaardig is.

Ons 1e seun – Rainer – is in Duitsland gebore (Feb ’81). Ons het 4 kinders en al 8 kleinkinders. 

Ons kinders is wyd versprei – 1 in Suidafrika, 2 in Australië, en 1 in Ierland.

Die foto hieronder is geneem toe ons die laaste keer almal bymekaar was – Desember 2014 in Wildernis:

Die foto hierbo is in Desember ’22 in Wildernis, Suidafika geneem. Ons kliendogter Emma is saam met Patty en ek by die strand.

Na skool het ek my diensplig in Voortrekkerhoogte asook Katima Mulilo (Suidwes Afrika) in die mediese korps gedoen.

In ’75 het ek 1e jaar tandheelkunde op Tuks geswot, maar die volgende jaar oorgeskakel na elektronise  ingnieurswese. Van my Parkie klasmaats was Johann Ahlers (hoofseun in ’74) en Calie Pistorius. Ek was lid van die “Velle” trapkarspan wat aan uithou wedrenne op sowat 6 kampusse oor Suidafrika deelgeneem het.

Net na my studies voltooi is, is ek met Patty Adam getroud (Jan ’80) en in April is ons vir 12 maande Duitsland toe met Siemens vir opleiding op die 1e digitale telefoonsentrales wat in Suidafrika vervaardig is.

Ons 1e seun – Rainer – is in Duitsland gebore (Feb ’81). Ons het 4 kinders en al 8 kleinkinders. 

Ons kinders is wyd versprei – 1 in Suid-Afrika, 2 in Australië, en 1 in Ierland.

Die foto hieronder is geneem toe ons die laaste keer almal bymekaar was – Desember 2014 in Wildernis:

 

Wat my loopbaan betref, kyk gerus op LinkedIn by https://www.linkedin.com/in/richard-dinkelmann-5964b71 

In 1999, het ek gevoel dat ek moet betrokke raak in die politiek in Suidafrika om ‘n positiewe verskil te maak. Bo alle verwagting is ek einde 2000 verkies as ‘n raadslid vir die ACDP in die Tshwane Metro. Toe ons in 2010 besluit het om na Australië te verhuis, moes ek my politieke amp bedank. Dit was ‘n geweldige betekenisvolle fase van my lewe.

Na 43+ jaar se voltydse werk, tree ek einde April ‘23 af. Ek sien baie daarna uit Patty en ek het ‘n toer van 2 maande om die wêreld bespreek. Ons reisplan sluit Israel, “cruise” op Middelandse see, Ierland, Skotland, suide van Engeland, Duitland, Kanada.

Daarna beplan ek om meer by ons kinders en kleinkinders betrokke te wees, meer gholf te speel, weer te begin fietsry en ‘n bietjie terug te gee in terme van mentorskap van jonger professionele mense.

Sien baie uit om julle almal in Augustus te sien!

Julle sal miskien ‘n paar van hierdie mense herken – die Dinkelmann broers en suster, wat almal op Menlopark was. Van links – Manfred, Roland, Ingrid, Richard, Paul.

  1. Die geleentheid was my 60e verjaarsdag (1 Mei 2016), wat ons in Coffs Harbour, Australië gevier het.

 

2 Responses

  1. Dis wonderlik om te hoor dat ons jou en Patty in Augustus sal sien na al die jare! Ek aanvaar dat julle na jou aftrede nog in Australië aanbly?

    1. Ja, dit sal wonderlik wees om almal weer te sien, Sonja!
      Ongellukig sal Patty nie hierdie keer by wees nie.

Leave a Reply to Richard Dinkelmann Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *