Piet Robbertse

Ek het vir 25 jaar op provinsiale vlak Skaak gespeel en was baie jare in die top 10 in Suid Afrika voor ek opgehou het.

Ek speel reeds 42 jaar lank rolbal saam met my vrou. Beide van ons het ons provinsiale klere verwerf. Ek het as kaptein (Skip) die SA kampioenskappe al op drie geleenthede en die provinsiale kompetisies al baie male gewen. Ek is tans die Skip van die Eden (Suid Westelike Distrikte) distrik. As distrik het ons laas jaar Goud en hierdie jaar Silwer medaljes gewen in die SA Inter Distrikte kampioenskappe. 

In my tweede jaar op Universiteit is ek getroud met Magda (toe woonagtig in Rhodesië). Hierdie jaar sal ons 47 jaar gelukkig getroud wees. Ek het 3 pragtige dogters wat almal al uit die huis is.

As Rekenmeester het ek in verskeie instansies op senior bestuur vlak gewerk. In 2014 het ek afgetree en bly tans in Jongensfontein (Naby Stilbaai). Ons het 3 woonstelle aanhuis wat ons op ‘n “self-catering” basis uitverhuur.

One Response

  1. Hallo Piet
    Soos genoem tydens die reunie gaan ons Desember vakansie hou in Stilbaai (17-29 Desember). Woon in Fisantekraal. Sal jou graag weer wil sien en net lekker gesels oor die ou dae. WhatsApp vir my jou kontaknommer asb. My nommer is 072 073 0787.

    Mooi bly.

Leave a Reply to Pierre du Preez Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *