Ek is in 1975 getroud met AB de Villiers en het 3 seuns. Ons het op Tuks ontmoet. Sonja de Bruyn het die ontmoeting gereel. AB was saam met haar op ons matriekdans. Ons de Villierse is nou 15, met 3 beeldskone, slim skoondogters en 7 gesonde, pragtige kleinkinders. So geseend!
Dit was ‘n voorreg om voltyds ma te kon wees en betrokke te wees met die seuns se sport en aktiwiteite op skool.
Ons is ‘n sportfamilie wat baie vreugdevolle dae op die tennis-en golfbane deurgebring het. Ure spandeer langs krieket- en rugbyvelde en swembaddens.
Ons het 40 jaar in Bla-Bela[Warmbad] gebly, waar die sportklub ‘n groot rol in ons en die seuns se lewe gespeel het. AB snr het ‘n GP praktyk op die dorp gehad. Ek het tennis afgerig asook later eiendomme verkoop.
Later was ek ook betrokke by AB jnr se bestuursspan, wat sy sake behartig het en ek is nou nog doenig met sy eiendomsbeleggings en ‘n gastehuis.
Ons het in 2022 Wildernis toe verhuis en het ‘n praktyk hier begin. Ek help nou die goeie dokter[wat nie wil ophou werk nie] in sy praktyk. Soos almal weet is Wildernis die mooiste plek op aarde. ‘The centre of the universe’! My 2 sussies, Annette en Wilna bly ook in Wildernis.
Ek speel nog gholf en my grootste teenstander is man AB. Dit gaan maar rof partykeer.
Gelukkig kan ek nog hardloop en doen hd jaar die 12km in de Rust, Meiringspoort.[wou dit nog altyd hardloop]
Het heelwat ultra- en 3 Comrades marathonne voltooi.
Dankie aan julle almal wat so hard werk om hierdie reunie ‘n sukses te maak, ek sien baie uit!
O terloops, ek het vir Louisa Conradie en Gera Kolbe hier in Wildernis weer raakgeloop. Hulle bly ook nou hier. O ja! en toe stap Richard en Patty Dinkelman van Australie hier by ons in die praktyk in. Ek het Richard laas op skool gesien. Ons kuier toe heerlik met ‘n bier op Pomodoro se stoep .Ons sien hulle by die reunie weer!
One Response
Ai, dit was so lekker om met jou en AB by Pomodoro te kuier, Millie!
Ek sien so uit om julle en die ander by die reunie te sien!