Le Roux Jooste skryf vanuit die VSA: Orkaan Helene

Ons klasmaat Le Roux Jooste het vir my ons geskryf en ‘n paar foto’s gestuur om iets te vertel van die vernietiging wat die orkaan Helene in sy dorp, Asheville, North Carolina, aangerig het:

“Hallo Koos,

Jammer vir n laat antwoord maar dit was en is nog steeds vreeslik chaoties hier in Asheville. Ek kan nie die skade beskryf nie maar jy het seer sekerlik televisie en koerant fotos gesien. Ons was nogal baie gelukkig met geen beserings nie, n paar groot bome wat op die huis omgeval het met min dak skade en verskeie groot bome omgewaai op my erf. Ek heg n paar fotos aan. 

Ongelukkig kan ek nie dieselfde se vir baie ander bure, vriende en mense in die Asheville omgewing. 

Die situasie na n orkaan en terselfde tyd n tornado is verstommend. Verwoesting, geen krag, water, petrol en geen radio, telefoon of selfoon vir dae en weke. Na amper n week kon ons na Amelia eiland ry waar ons by vriende gebly het tot die situasie meer leefbaar geword het. On is nou terug in Asheville en aldag besig om dinge so na aan normaal as moontlik te probeer kry. Dit gaan n lang en vermoende pad wees maar ons paradys sal herstel. Die foto van sonsondergang na die orkaan gee hoop want almal werk saam.

Beste groete. 

LeRoux Jooste”

Ek het ‘n kort video wat die skade wys opgelaai. Die vernietiging is op ‘n skaal wat mens stom laat.

5 Responses

  1. LeRoux, so julle het uit Engeland na die VSA verhuis? Ek het gewonder of julle net met vakansie in die VSA was. Ek lees nou eers jou artikel oor die verwoestende orkaan. So jammer!
    Ek is ook in die VSA, in Ann Arbor, Michigan, getroud met John Carter. Hy is ‘n Amerikaner. Ek is sedert Desember 2023 in die VSA.
    Hier skrik ek nou en dan as daar ‘n moontlikheid van ‘n tornado is; ons is darem nog nie getref nie, dis skaars hier. Die groot mere bied beskerming en die weer is minder woes in ons suid-oostelike hoek van Michigan as wes en noord van hier.
    Ek wens vir julle volkome herstel, veiligheid en net goeie dinge vorentoe!
    Annette (Zietsman)

Leave a Reply to LeRoux JOOSTE Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *