Ditjies en datjies

Pierre du Preez wat ‘n week gelede ‘n hartomleiding ondergaan het is gister na ‘n gewone saal geskuif. Hy sien daarna uit om môre huistoe te gaan.

Die uwe, Koos Marais, het vanoggend op ‘n ou skoenboks met skoolgoeters afgekom. Daaruit het ek ‘n ou koerantartikel gehaal. Ek en wyle Danie Wium staan op die foto met die trofee wat ons verower het vir een of ander interskool fotokompetisie. Langs ons staan die nimlike mnr Gerber.

Die lekker ding is dat ek vandag nog my fotografie geniet, meer as ooit.

5 Responses

    1. Hallo Louisa. Dit gaan baie goed met my, dankie. My hartprobleem was nogal n groot skok vir my – geen waarskuwing nie. Tydens my jaarlikse mediese ondersoek het ek genoem dat my bors brand wanneer ek vinnig fietsry. Die Huisdokter stuur my toe na n Kardioloog wat reken ek is op die punt om n hartaanval te kry. Maar ja, als is nou reg en ek ry baie rond en hou vakansie – het toevallig onlangs n dag in Sedgefield en Wildernis spandeer oppad na Oubos vir n troue. Gisteraand terug uit die Kruger Wildtuin waar dit vier dae lank sonder ophou gereen het. Ek doen alles wat ek altyd gedoen het behalwe swaar goed optel, tennis en gholf speel. Kardioloog reken ek sal eendag doodgaan, maar nie agv my hart nie. Groete vir julle. Pierre

      1. Hi Pierre ek kan net dink hoe groot skok dit vir jou en Tilania was! Ek is verskriklik bly om te hoor dat dit goed gaan.
        Geniet jul lekker vakansie!
        Baie groete!

  1. Hallo Pierre
    Dis nou al n paar dae ná jy laat weet ht, maar ek wil net sê ek en al ons “ou” 73ers is dankbaar en bly dat dit beter gaan. So moet ons elke dag voluit leef en koester!
    Ek hoop daar lê nog heelwat goeie gesonde jare vir jou voor!
    Groete uit n koue Kaap!

  2. Hi Pierre ek kan net dink hoe groot skok dit vir jou en Tilania was! Ek is verskriklik bly om te hoor dat dit goed gaan.
    Geniet jul lekker vakansie!
    Baie groete!

Leave a Reply to Pierre du Preez Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *