Hier is ‘n insiggewende artikel, nogeens deur Jannie Rossouw, oor die sluiting van Afrikaanse koerante. Hy skryf na aanleiding van die laaste redakteur van Beeld, Barnard Beukman, se boek oor die onderwerp.
Liewe Jannie ek het nie Barnard Beukman se boek gelees oor die sluiting van die gedrukte weergawe van onder meer Beeld en Rapport nie en ek is ook nie van plan om dit te lees nie, want die onderwerp is die afgelope ses maande al wraggies holrug gery. Verskeie uiteenlopende opnies en kommentaar is op al wat ‘n sosiale media webwerf en radio- en televisiebesprekingsprogram oor die onderwerp gelug. As ‘n voormalige joernalis van Beeld en Rapport Tydskrif is my hart ook baie seer oor die sluiting van die gedrukte publikasies en ek voel bitter jammer vir al my eks-kollegas wat hul werk verloor het. Ek stem ook saam dat die bestuur nie die regte roete geneem het om die slegte nuus aan sy werknemers oor te dra nie en dat dit eers op Moneyweb op die lappe gekom het. Maar soos ons almal weet is die gedrukte media lankal onder druk (excuse the pun). Koos Bekker, voorsitter van Naspers het reeds meer as tien jaar gelede gese daar’s nie ‘n toekoms vir gedrukte media in ons land nie. Die rooi ligte het lankal geflits. In Mei 2020 het nie minder as 9 tydskrifte (waaronder Rooi Rose. Bona, Garden and Home ) van Caxton gesneuwel nie — ook sonder waarskuwing aan enige van die redakteurs…. hulle is net die oggend ingeroep en gese hulle maak toe. En omtrent sewe jaar gelede het verskeie Media24 tydskrifte soos Heat, Kick Off en later ook TV Plus gesneuwel. As voormalige werknemer van TV Plus het ons darem twee maande voor die sluiting kennis van die sluiting gekry. Soos Theo Vorster tereg op Lourensa Eckard se program In Gesprek gese het (en my eks redakteur van Rapport Tim du Plessis beaam het) ons leef in ‘n nuwe moderne digitale era en ons kan nie terug beweeg nie. En dit gaan nie altyd net oor sirkulasie nie — Bona van Caxton was byvoorbeeld ‘n topverkoper in die mark. Dit gaan oor verspreiding, drukkoste van papier wat die hoogte ingeskiet het ens. maw gedrukte media het enorme finansiele uitgawes. Ek skryf nog steeds vir die gedrukte weergawe van Rooi Rose (wat intussen sedert die sluiting gelukkig deur Habari Media en twee maande terug deur Novus Media oorgeneem is) en hoop en bid ook dat die tydskrif waarmee ek al sedert laat sewentigs ‘n pad loop ook nie in die stof gaan byt nie. Wat Beeld betref, ek moet byvoeg, ek is wel ook jammer vir die bejaardes wat nie so vertroud is met die digitale media om byvoorbeeld Netwerk24 op hul selfone te lees nie en elke dag hul gedrukte weergawe van Beeld gelees het. Maar ek het wel ‘n hele paar vriendinne wat tagtig plus is en heeltemal aangepas het by die nuwe digitale era. Ek hou ook duimvas Die Burger (bastion in die Kaap) gaan oorleef . Die Burger het wel nie soveel kompetisie wat koerante betref soos wat Beeld hier in Gauteng gehad het nie en die publikasie se lesers is baie lojaal en tradisie-vas.
Maar om terug te keer na die onderwerp van digitale uitgawes — dit is darem lekker wanneer iets gebeur en jy die storie of artikel kan skryf en dit is ‘n uur later op die netwerk. As daar ‘n groot nuusgebeurtenis in die aand gebeur het soos ‘n bomontploffing of treinramp (of wanneer die Springbokke laat rugby in ‘n ander land gespeel het) het ons by Beeld die bus gemis en dan het ander publikasies soos The Star die volgende dag op die voorblad. Ek is oneindig dankbaar dat ek sulke wonderlike werksjare — 11 jaar by Beeld en vyf jaar by Rapport gehad het. Ek was ook by die bekendstelling van Beeld se boek wat vyftig goue jare herdenk. Maar ja, dit was goue , nostalgiese jare by Beeld en Rapport, veral as die ink dik in jou are vloei (soos ons een dosent op die Puk, Johann de Jager altyd gese het).
Liefdegroete aan al my ou magtriek-maters!
One Response