Charles Pretorius

Ek (Koos Marais) gaan nou iets sê oor my goeie vriend Charles Pretorius wat nog nie in sy besige skedule kon tyd inruim om vir my ‘n kort biografie te skryf nie. Charles het na skool diensplig gedoen as valskermsoldaat. Daarna het hy homself bekwaam as siviele ingenieur en toe gespesialiseer as mynbouingenieur. Sy werk het hom vir dekades geneem na plekke soos Sishen, Ermelo, Hlobane, Tshikondeni, Ghana en Zambië. Hy en sy vrou Olga is gek oor kamp en die natuur. Hulle is veral ywerige voëlkykers en trek naby 700 op hulle voëllysie.

Reeds sedert sy skooldae versamel hy broodbome en hy kweek self ook van hierdie plante. Hy is een van die grootste broodboomboere in die land. Hy boer sedert sy aftrede voltyds op sy plaas by Schagen naby Nelspruit. Sy boerdery is veral toegespits op makadamianeute.

Epupa Valle
Doodsakker in Angola
Angola

One Response

  1. Ag dankie, Koos vir hierdie inligting oor Charles.
    Ek sien so uit om vir Charles en Olga by die Reunie te sien!

Leave a Reply to Richard Dinkelmann Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *