Bertus van Zyl

Ek is na matriek na die weermag vir militere diensplig waarna ek by Tukkies regte gestudeer het. Ek was vir 36 jaar in n regspraktyk in Pretoria en het in 2015 afgetree Ek is getroud met n wonderlike vrou, Esmé, en ons vier hierdie jaar ons 40ste huweliksherdenking. Ons het twee kinders en een kleinkind. Ek en my vrou is beide lief vir sport en het ons oor die jare baie gedraf, geroei en fiets gery. 

Ons is ook lief vir reis en toer die wereld vol, veral sedert ek afgetree het. Ons bly steeds in Pretoria 

Dit is lekker dat die vriende wat ek op skool gemaak het steeds my beste vriende is en dat ek nog  gereelde kontak met hulle het.

One Response

  1. Bertus is beskeie. Hy het baie Ystermankompetisies, Dusi’s, ‘n paar Comrades marathonne en Sani to Sea fietswedrenne gedoen. Sy vrou, Esmé het haar groen nommer vir die Comrades verwerf deur tien daarvan te voltooi.

Leave a Reply to Koos Marais Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *