Na matriek het ek direk van 1974 tot 1978 Landbou Ingenieurswese op Tukkies studeer.
In 1979 het ek weermag en offisiersopleiding by Genieskool op Kroonstad deur gemaak en daarna vir die tweede jaar is ek uitgeplaas na Giyani in Gazankulu Departement van Landbou.
In 1981 begin ek werk in die Departement van Landbou Afdeling Landbou Ingenieurswese en is ek betrokke met enjintoetse as deel van die span betrokke met die ontwikkeling van alternatiewe brandstof tydens die brandstof krisis in 1979. Die navorsing het gelei tot die ontwikkeling van biodiesel.
Ek het met besproeiing betrokke geraak en streeksingenieur in Transvaalstreek geword en is in 1993 as direkteur Besproeiingsingenieurswese aangestel.
Ek was na 1994 onder andere verantwoordelik vir die ontbondeling van die landbou ingenieurs funksie vanuit die voormalige Departement van Landbou na die nuwe Nasionale Departement van Landbou, die Provinsiale Departemente van Landbou en die vorming van die nuwe Instituut vir Landbou Ingenieurswese in die Landbou Navorsingsraad (LNR), waarvan ek die direkteur was.
Na herstrukturering binne die LNR is ek in 2005 weg uit die LNR en as deel van die firma SA Biodiesel betrokke met verskeie landbou ontwikkelings uitvoerbaarheidstudies en besproeiingstelsel ontwerpe in SA, Angola en verskeie Afrika lande.
Ek het Annamarie op Giyani ontmoet en is in 1981 getroud. Ons het ‘n seun en dogter wat albei ook op Menlopark op skool was. Uit ons liefde vir die natuur het ons graag gekamp en verskeie toere deur Suid Afrika, Namibië en Botswana onderneem toe.
Ek is tans nog voltyds aan die gang met ingenieurswerk wat vir my interessant is en wat veral landbou ontwikkeling. Aftrede is dus nie vir my ‘n opsie want om op te hou met ingenieurswerk sal my totaal frustreer en graf toe jaag.
One Response
Ek en Adriaan was saam op Genieskool in Kroonstad. Sien jou hopenlik by die ruinie die saterdag.