Rhodesië het eensydig onafhanklik geword op 11 November 1965. Die Eerste Wêreldoorlog het ge-eindig op 11 November 1918. Willem Theunissen is op 11 November 1955 gebore.
Hierdie jaar was vir die meeste van ons die jaar van die groot 7. ‘n Paar van die jonges het nog kans tot volgende jaar. Gelukkig het ek ‘n foto van Willem se 70e vanaf Henning Pieterse ontvang. Hulle het groot fees gehou by Stanford. Op die foto verskyn van links na regs: Coen Bezuidenhout, Greta (van der Merwe) Henning Pieterse, ernest Heunis en Willem Theunissen.
Stuur asseblief vir ons foto’s van julle 70e feeste na kosiemarais@gmail.com
