Roos skryf oor Roos van Rose – Hilli – in Rooi Rose

Daar was seker iets in die water wat ons in 1973 gedrink het. Op hierdie hoë ouderdom bereik ons klasmaats steeds hoogtepunte 51 jaar later.

In die nuutste Rooi Rose (Mei 2024) skryf ons eie Martjie Roos, bekende joernalis, ‘n diepte artikel oor klasmaat Hilli le Roux Cronjé.

Hilli was op skool reeds ‘n kunstenaar. Sy skilder en gebruik ander mediums. Baie onlangs het sy groot roem verwerf toe een van haar skilderye as advertensiebord (billboard) bo-oor een van Gauteng se snelweë gebruik is.

Hilli moes ‘n hele paar struikelblokke in haar lewe oorkom, maar is steeds die blymoedige, sprankelende en vriendelike maatjie van destyds. Lees alles in die Rooi Rose.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *