Reünie van die Reünie

‘n Groot groep van ons het gister heerlik gekuier by Hillside Tavern. Dit was regtig ‘n lieflike aand. Op een stadium het die gekuier my laat dink aan Marita van der Vyver se boeke Wegkomkans en die onlangse Laaste Kans. Ons lewens het baie wye en verskillende draaie geloop. baie van ons, die meeste, het langs die pad moeilike en hartseer tye beleef, maar gisteraand was ons almal weer net ‘n groep Parkies met ‘n gedeelde verlede van 50 jaar gelede. Ons “eregas” was Jan van Loosen wat al die pad van Nederland af gereis het om die geleentheid by te woon. Alhoewel dié afgetrede bankier van Papendrecht naby Rotterdam al 48 jaar in Nederland woon is en bly hy ‘n oud-Parkie wat uitstekende Afrikaans praat. Jan het vroeër vanjaar die tragedie van die dood van sy broer Paul beleef. Paul was twee jaar ons junior en het in 1975 gematrikuleer. Jan en Paul se kinders het verlede week Paul se as op die Sanipas gaan strooi.

Die nimlike Herman van Vuuren het sy gade Melanie saamgebring. Hulle twee tree eersdaags af om by Riversdal te gaan boer. Mignon le Roux Beukes was ook daar. Sy vertrek eersdaags weer na Vancouver eiland waar sy naby haar kleinkinders sal wees. Sy het aangedring dat ons oor ‘n jaar weer so maak.

Dit is natuurlik ‘n uitstekende idee. Onthou, presies oor ‘n jaar, einde November 2024, kuier ons weer by Hillside Tavern. Hierdie tyd van die jaar kom baie van ons klasmaats wat oorsee bly in SA.

Die ander oud-Parkies teenwoordig was Elna Venter Heesen, Annemarie Verwayen, Chris Henrico, Gerda Mohr Pretorius, Francois de Vos, Pierre du Preez, Jannie Rossouw, Susan Potgieter Kleijnhans en die uwe.

3 Responses

  1. Dit was heerlik….dankie julle. Wat n voorreg is dit nie om nog saam met skoolvriende van 50jr gelede te kan kuier nie. Ons maak defenitief weer so.

  2. Dit was ‘n wonderlike kuier saam met spesiale skoolvriende. Lekker saam met Jan van Loosen gekuier ook. Ons moet defnitief een keer ‘n jaar kuier!

  3. Dit lyk na ‘n vrolike en gesellige byeenkoms! Jammer dat ek dit nie kon bywoon nie, maar ek sien uit na ‘n volgende keer. Baie dankie aan Koos vir die reëlings.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *