Plasings

Romeo en Juliet

Wie sal ooit Tannie Kate se wonderlike produksie van Shakespeare se Romeo and Juliet vergeet? Hier is die program en rolverdeling. Baie dankie aan Susan Potgieter wat die foto’s vir ons gestuur het.

Read More »

Ben Lamprecht

In 1981 is ek en Marleen getroud en het ek as n Geoktrooieerde Rekenmeester gekwalifiseer. In 1982 het ons vir n jaar deur Europa met rugsakke gereis. In 1987 het ons in London gewerk en van 1989 tot 1999 in Vancouver gewoon. Tans wissel ons tussen Kaapstad en Hermanus. Ons

Read More »

Ivan Olivier

: Hier onder is Ivan se lewensverhaal. Die hartseer nuus is dat Ivan in Januarie 2024 oorlede is na ‘n siekbed. “Julle onthou my dat ek my Springbok kleure ontvang het in ons matriek jaar met radio beheerde vliegtuie. Na matriek is ek lugmag toe vir my diensplig,maar ook dat

Read More »

Pierre du Preez

Na matriek doen ek my diensplig in die SA Polisie, verwerf n regsgraad by UP, werk by die Meesterskantoor, die Aktekantoor, die Departement van Gesondheid en by twee prokureursfirmas voordat ek in 1997 besluit om te spesialiseer in Kinderreg.  Ek is deel van n span wat die Kinderwet skryf en is betrokke by groot kinderreghofsake. Spesialiseer egterin die aanneming van kinders en meer spesifiek “inter country adoption – die aanneming van Suid-Afrikaansekinders deur egpare van Europa, Amerika en veralSkandinawie (Swede, Denemarke Finland en Noorwee).Doen ook baie regswerk en dissiplinere verhore vir die statutere rade en maak in 2019 my kantoordeure toe.  Ek is in 1982 getroud met Tilania Roos van Rustenburg. Tilania is n Advokaat van beroep en praktiseer vanaf1995- 2015 waarna sy as sakevrou haar eie besighedeweg van die regspraktyk bedryf. Ons woon al 38 jaar in Menlopark en het drie seuns wat onderskeidelik in Pretoria, Melbourne en Dublin woon en werk. Ook driepragtige skoondogters en vyf kleinkinders. My stokperdjies is reis en lees. Ons seuns was in Hoerskool Menlopark en ek was baiebetrokke by hul aktiwiteite. Soveel so dat ek vir vyf jaaras n lid van die Beheerliggaam van die skool gedien het(verantwoordelik vir al die regsaangeleenthede) en ookvir 10jaar op verskillende skoolkomitees gedien het. Na 22 jaar se betrokkenheid by die Hoerskool Menlopark – 5 as leerling, 12 as ouer en nog 5 in anderhoedanighede – het ek in 2014 saam met

Read More »

Gera (Kolbe) Botes

Dis vir my so lekker om almal se lewensverhale te lees ..weens die lang tydsverloop van Matriek tot nou kan mens nie altyd almal plaas nie..sommige se gesigte wil-wil bekend lyk en sommige se name is nog goed in die geheue. Maar wat ek wel kan sien is dat ons

Read More »

Patrys (Venter) Boshoff

Het na skool Sekretariele kursus by Technikon gedoen. Werk vanaf 1975 bySanlam as Persoonlike Assistent vir verskeie bestuurders. Trou in 1976. Mydogter Belinda word in 1980 gebore. Verhuis kort daarna na Durban en my seunEduard word in 1982 gebore. Na ‘n huwelik van 22 jaar skei ek en verhuis terugPretoria

Read More »

Adriaan Louw

Na matriek het ek direk van 1974 tot 1978 Landbou Ingenieurswese op Tukkies studeer. In 1979 het ek weermag en offisiersopleiding by Genieskool op Kroonstad deur gemaak en daarna vir die tweede jaar is ek uitgeplaas na Giyani in Gazankulu Departement van Landbou. In 1981 begin ek werk in die

Read More »

Jeanne Viviers

Ek lees al die mooi herrinneringe wat julle van julle skooldae gehad het en verstaan ook beter. Ek was ‘n ‘inkommer’ en was net my laaste 2 jaar deel van Menlopark Hoër. Dit was vir my redelike traumatiese jare gewees aangesien ek – vanuit ‘n plattelandse dorpie – min verstaan

Read More »

Millie (Wessels) de Villiers

Ek is in 1975 getroud met AB de Villiers en het 3 seuns. Ons het op Tuks ontmoet. Sonja de Bruyn het die ontmoeting gereel. AB was saam met haar op ons matriekdans. Ons de Villierse is nou 15, met 3 beeldskone, slim skoondogters en 7 gesonde, pragtige kleinkinders. So geseend! Dit

Read More »

Henning Herbst

 Na skool het ek 2 jaar diensplig gedoen. Daarna begin ek studeer by Universiteit Pretoria aan my BA studies met staatsleer en internasionale politiek as hoof vakke. Ek ontmoet my vrou Alida Herbst (van der Merwe) in 1980 en ons trou 8 maande later. Sy was ook ‘n parkie en

Read More »

Louisa (Conradie) de Flamingh

In 1968 verhuis my ouers met Swaziland se onafhanklikheidswording Pretoria toe, waar my pa as Polisiekapelaan begin werk. Ek moes die volgende jaar Hoërskool toe en gelukkig besluit my ouers om my by Menlopark H/S i.p.v. Affies in te skryf. As plattelandse meisie was Menlopark goed vir my. Ek het

Read More »

Ingrid (Nieuwoudt) Krige

Na skool, wat ek baie geniet het, is ek terug Stellenbosch toe waar ek groot geword het. n Heerlike 4 jaar het gevolg. Swot, vriendinne, pret. In my HOD jaar ontmoet ek Willem toe ek en n vriendin by hulle gaan brug speel. Ons is nou 45 jaar getroud.Na n loopbaan

Read More »

Gys van der Westhuizen

1974 het ek diensplig gedoen eers te Lenz en toe Wonderboom in Pretoria. Tydens ‘n wedstryd vir Weermag onder 20 skeur ek my knie ligamente en kapsel sodat ek vir meer as 4 maande in 1 Mil in Voortrekkerhoogte deur bring. 1975 het ek by Tukkies begin met B Com

Read More »

Valerie Pretorius

Ek en ‘n groepie 73 Parkies het die voorreg gehad om vir 5 jaar aan die voete van Mej Valerie Pretorius Duits te leer. Gister loop ek haar weer raak in Universiteitsoord se kerk waar ons saam met ‘n duisend ander toeskouers was om na ‘n uitvoering van die befaamde

Read More »

Shortie Snyman

My Menlopark hoërskool tyd was fantasties, waarskynlik omdat die balans tussen akademie en sosiaal nie reg was nie. Maar ten spyte van my goeie vriende se hulp het ek matriek met universiteit vrystelling geslaag. Tot my verbasing het ek ‘n telegram in Januarie 1974 gekry van UP af om te

Read More »

Forrester Schoeman

Ek is ‘n prokureur en bly in Pretoria. Ek het drie dogters en ses kleinkinders. Bogenoemde was al inligting wat redakteur Koos Marais uit Forrie kon kry. Op geslepe wyse het Koos bevestiging gekry dat einste Forrester nie minder nie as 27 Comrades Marathons susksesvol voltooi het, die laaste vyf

Read More »

Susan Potgieter

Ek is ‘n gebore Pretorianer. Ek was in Lyttelton op Laer- en Hoërskool tot 1970 en ons het toe Pretoria-Oos toe verhuis, waar ek vanaf 1971–1973 op Menlopark was. Dit was drie baie gelukkige jare van my skoolloopbaan. Na skool het ek by die Universiteit van Pretoria my BA(LO)Hons en

Read More »

Annemarie (Verwayen) van Zyl

Ek het na matriek by Tuks radiografie gestudeer. In Desember 1976 is ek met my skoolkys, Nic van Zyl getroud. Ek het Nic in 1989 in ’n tragiese motorongeluk verloor. Ek het drie kinders en twee lieflike kleinseuns. In September 2019 het ek my dogter Riana ook in ’n motorongeluk

Read More »