Plasings

Caroline de Swardt (Stassen)

Ek het begin werk by ‘n ingenieursfirma na matriek, is getroud in 1982 en het 2 seuns gehad. Johann is nou 40 en hy woon in die VSA. Deon is 37 en hy woon in Perth Australia. Ek het 2 kleinkinders, Ashley 12 en Lachlan 9. Ek is in 2001

Read More »

Paar foto’s vanaf Patrys

Patrys het vir ons hierdie foto’s gestuur. Ek herken die Craig tweeling, Dirk Bezuidenhout, Dawie de Vaal. Skryf asb die name van dié wat jy herken in die kommentaar.

Read More »

Louise (van As) Vermaak

LOUISE VERMAAK (Née Van As)Voordat ek julle vertel watter draaie die lewe met my gestap het, eers net n paarherinneringe uit my skooldae by Menlopark.Skooldae op Hoërskool MenloparkEk het Frans gehad by Annette du Plessis. Sy het toe pas teruggekeer van Frankryk en hetaltyd baie Europees en Frans aangetrek –

Read More »

Video van 1971 se matrieks se 40 days

Hierdie klas was twee jaar voor ons, maar hierdie video wys duidelik hoe dit maar met ons ook gegaan het. Dit wys ook ons onderwysers, Potgieter, Brits, Goris, Immelman, Martins, Visagie en selfs die hoof mnr Van Zyl. Geniet dit.

Read More »

Francois de Vos

Een van ons mees ondeunde klasmaats is Francois de Vos. Hy was op skool ‘n befaamde tennisspeler, krieketspeler en later gholfspeler. Menige Vrydagmiddag is hy, ietwat vroeg, oor die skool se heining weg, Pretoria Buiteklub toe waar hy saam met ‘n paar maters 18 putjies gaan speel het. Hy vertolk

Read More »

Saartjie (van Zyl) Potgieter

Na matriek het ek BSc Dieetkunde by Tukkies studeer en in my finale jaar in 1977 is ek in die middel van die winter in Ermelo (!) met ST Potgieter getroud. Hy is ‘n broer van Etienne en neef van ST wat saam met ons op skool was. Ons woon

Read More »

Hilli (Hildegard) le Roux (Cronjé)

Ek was op Menlopark laerskool en het na matriek vir een jaar tekenwerk by ‘n argiteksfirmsa gedoen voor ek Skone Kunste gaan studeer het aan die Pretoria Technikon vir drie jaar. Daar was ander Parkies ook op kunsskool maar ek dink met ons bell bottoms en lang hare (beide die

Read More »

Name van klasmaats wat die funksies gaan bywoon

Hier is ‘n voorlopige lys van name van 1973 Matrieks wat die twee funksies, Vrydagaand by Blue Crane en Saterdagaand by die skool gaan bywoon. As iemand se naam per ongeluk weggelaat is laat weet ons asseblief. Jy kan vir my (Koos) kontak by 0722005973 of kosiemarais@gmail.com of selfs die

Read More »

Herman van Vuuren

Met die matriek eindeksamen het dit  broekskeur gegaan. My ouboet het gese party goed tel te min, mens leer dit nie. Eers in die eksamen het ek gesien die goed saam tel nogal baie. Ek  doen toe daarna Bourekenkunde en gaan maak oorlog. (Ek het gedink ons wen maar later

Read More »

Lourens Geldenhuys

Na matriek is ek na Tukkies waar ek my BA en BD gedoen het en daarna die twee jaar Militêre Diensplig. Na 17 bedieningsjare in 2 gemeentes is ek na die Bybelgenootskap van SA (BSA) waar ek 23 jaar werksaam was.  Semigreer Des 2007 van Pretoria na Bellville en tree

Read More »

Matriekuitslae

Hier is die foto’s van die slimstes van die slimstes in die koerant. As jou naam en fot nie daar is nie, geniet die ou advertensies tussenin.

Read More »

Revue

Hier is die program vir die revue om die tienjarige bestaan van die skool en CJ Langenhoven se 100-jarige herdenking te vier.

Read More »

Ons was stout

Meneer Gerber het gedreig om ons skoolpouses weg te neem. Dit het selfs die koerant gehaal.

Read More »

Standerd 9 Konsert

In April 1972 het ons ook konsert gehou: Eenling is die Mens. Baie dankie Susan Potgieter vir die dokumente.

Read More »