Paar foto’s vanaf Patrys
Patrys het vir ons hierdie foto’s gestuur. Ek herken die Craig tweeling, Dirk Bezuidenhout, Dawie de Vaal. Skryf asb die name van dié wat jy herken in die kommentaar.
Patrys het vir ons hierdie foto’s gestuur. Ek herken die Craig tweeling, Dirk Bezuidenhout, Dawie de Vaal. Skryf asb die name van dié wat jy herken in die kommentaar.
LOUISE VERMAAK (Née Van As)Voordat ek julle vertel watter draaie die lewe met my gestap het, eers net n paarherinneringe uit my skooldae by Menlopark.Skooldae op Hoërskool MenloparkEk het Frans gehad by Annette du Plessis. Sy het toe pas teruggekeer van Frankryk en hetaltyd baie Europees en Frans aangetrek –
Hierdie klas was twee jaar voor ons, maar hierdie video wys duidelik hoe dit maar met ons ook gegaan het. Dit wys ook ons onderwysers, Potgieter, Brits, Goris, Immelman, Martins, Visagie en selfs die hoof mnr Van Zyl. Geniet dit.
Een van ons mees ondeunde klasmaats is Francois de Vos. Hy was op skool ‘n befaamde tennisspeler, krieketspeler en later gholfspeler. Menige Vrydagmiddag is hy, ietwat vroeg, oor die skool se heining weg, Pretoria Buiteklub toe waar hy saam met ‘n paar maters 18 putjies gaan speel het. Hy vertolk
Sonja het ook in die onderste laai gaan rondkrap en op hierdie foto’s afgekom. Nou wonder ek hoekom ons nog niks van Annette Zietsman en Maggi gehoor het nie. Komaan Annette en Maggi!
Na matriek het ek BSc Dieetkunde by Tukkies studeer en in my finale jaar in 1977 is ek in die middel van die winter in Ermelo (!) met ST Potgieter getroud. Hy is ‘n broer van Etienne en neef van ST wat saam met ons op skool was. Ons woon
Ek was op Menlopark laerskool en het na matriek vir een jaar tekenwerk by ‘n argiteksfirmsa gedoen voor ek Skone Kunste gaan studeer het aan die Pretoria Technikon vir drie jaar. Daar was ander Parkies ook op kunsskool maar ek dink met ons bell bottoms en lang hare (beide die
Hier is ‘n voorlopige lys van name van 1973 Matrieks wat die twee funksies, Vrydagaand by Blue Crane en Saterdagaand by die skool gaan bywoon. As iemand se naam per ongeluk weggelaat is laat weet ons asseblief. Jy kan vir my (Koos) kontak by 0722005973 of kosiemarais@gmail.com of selfs die
Met die matriek eindeksamen het dit broekskeur gegaan. My ouboet het gese party goed tel te min, mens leer dit nie. Eers in die eksamen het ek gesien die goed saam tel nogal baie. Ek doen toe daarna Bourekenkunde en gaan maak oorlog. (Ek het gedink ons wen maar later
Na matriek is ek na Tukkies waar ek my BA en BD gedoen het en daarna die twee jaar Militêre Diensplig. Na 17 bedieningsjare in 2 gemeentes is ek na die Bybelgenootskap van SA (BSA) waar ek 23 jaar werksaam was. Semigreer Des 2007 van Pretoria na Bellville en tree
Hier is die foto’s van die slimstes van die slimstes in die koerant. As jou naam en fot nie daar is nie, geniet die ou advertensies tussenin.
Hier is die program vir die revue om die tienjarige bestaan van die skool en CJ Langenhoven se 100-jarige herdenking te vier.
Hier is die program vir die onderwyserskonsert. Weereens dankie aan Susan (Potgieter) Kleijnhans.
Meneer Gerber het gedreig om ons skoolpouses weg te neem. Dit het selfs die koerant gehaal.
Ons is kerk toe om dankie te sê. Hier is die program. Dankie Susan (Potgieter) Kleynhans
Toe ons in matriek was het die skool sy tiende bestaansjaar gevier. Hier is die program, danksy Susan (Potgieter) Kleynhans.
In April 1972 het ons ook konsert gehou: Eenling is die Mens. Baie dankie Susan Potgieter vir die dokumente.
Wie sal ooit Tannie Kate se wonderlike produksie van Shakespeare se Romeo and Juliet vergeet? Hier is die program en rolverdeling. Baie dankie aan Susan Potgieter wat die foto’s vir ons gestuur het.