Pierre du Preez in hospitaal

Pierre was by al die reünie geleenthede. Hy het “niks makeer” nie, maar het Maandag onder die mes deurgeloop en ‘n vyf vat hartomleiding prosedure ondergaan. Dit gaan beter met hom en hy begin al kieskeurig oor die hospitaal se kos raak. Ons bid vir ‘n volledige herstel.

8 Responses

  1. Dankie mense. Dit gaan baie beter met my en die aanvanklike herstelproses is in vandag se tye besonder vinnig veral as jy fiks en in oefening is. (Ek het die laaste 8 jaar 4 dae per week in die WNNR se gym deurgebring) Om 100% te herstel sal blykbaar nie gebeur nie, maar ek sal steeds alles kan doen wat ek voor die operasie kon doen.

    Ek het die operasie gehad op 11 Desember 2023, maar na 4 dae in ICU kon ek al in die ZA Hospitaal se gange en tuine stap. Ek is op 19 Desember ontslaan.

    Ek moet ook net meld dat my vriend van die afgelope 61 jaar, Pieter Raath, ure in die hospitaal by my deurgebring het. Ek het ook heelwat boodskappe en oproepe van 73Parkies ontvang. Dankie daarvoor.

  2. Hi Pierre, nie geweet jy was in die hospital nie. Ek hoop dat dit baie beter gaan met jou.

    Ek en Marlene dink aan jou.

    Henk

  3. Haai Pierre ek was lanklaas op die web en lees nou eers van jou hartomleiding. Dink aan jou en hoop jy sterk goed aan. Baie sterkte en voorspoed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *