Hello julle, Vlooi (Magdel) de Vries hier, nou beter bekend as Maggie Mouton.
Ek het my man Alan Mouton in Pretoria ontmoet in 1979 toe hy sy siviele ingenieurswese moes kom klaar “swat” by Pretoria Technikon. Hy en sy pel Dicky Kotze was die enigste Ingenieurstudente vir die jaar 1979 by Kaapstad Tegnikon en word toe na Pretoria Tegnikon verwys om hul studies klaar te maak. Hy het sy studies einde Julie voltooi en toe sluit ek by hom aan aan die einde van Oktober van dieselfde jaar om ook ‘n Stormers “supporter” te word. 🏉
Ons het in “sin” gewoon tot Februarie 1988 toe ons uiteindelik getroud is. Ek was ‘n Argiteksverteenwoordiger en Alan en sy swaer ook ‘n siviele ingineer het hul eie konstruksie maatskapy begin.
In 1992 het ek gebooorte gegee aan Chelsea-Jane en kort op haar hakke is Tayla-Leigh en Kelly-Ann gebore 1994. Ek en Alan is nou albei afgetree. Ek hike Kaapstad en omgewing plat. 👟👟 Alan ry sy motorfietse oor ons pragtige Kaapse passe en restoreer motorfietse om homself uit die kwaad te hou 🛵 Ons 3 dogters werk en woon almal in Kaapstad en ons het verlede jaar ‘n seun ryker geword toe Tayla (een van die tweeling getroud is) 👰 Hulle aard defnitief na hul ouers en is ook “late bloomers’ 😊 Daar is nog nie eers sprake van kleinkinders nie 🤣 Geniet die reunie julle 😊❤️

