Lourens Geldenhuys

Na matriek is ek na Tukkies waar ek my BA en BD gedoen het en daarna die twee jaar Militêre Diensplig.

Na 17 bedieningsjare in 2 gemeentes is ek na die Bybelgenootskap van SA (BSA) waar ek 23 jaar werksaam was. 

Semigreer Des 2007 van Pretoria na Bellville en tree Maart 2021 af as Bedryfshoof by BSA.  

Ek kyk met groot dankbaarheid terug op ‘n baie vervullende loopbaan. 

Verhuis Des 2021 na Belvidere, waar ons naas die Knysna meer woon en elke dag die voorreg daarvan “embrace” – daar is nie nog só ‘n unieke natuur- en voëllewe paradys nie. 

Ek en Hannaliza vier hierdie jaar ons 44ste huweliksherdenking. Ons het drie kinders en ses kleinkinders. 

Ons geniet die buitelug met waterski, 4×4, fietsry en stap. Stap dese dae die beter opsie na my 7 Comrades Marathons!

Ons was bevoorreg om baie wyd te kon toer en dit bly “priceless”

Die unieke lewenslange vriendskappe, die deel van lief en leed met gereelde kontak van Gr1 in Menlopark Laerskool tot matriek by Parkies is en bly super spesiaal. 

Sien uit na die 25ste – Excelsa Petamus!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *