Uncategorized

Eggo 1973 Eerste Kwartaal

Danksy Henning Pieterse kan ons nou lekker lees en terugdink aan ons skooldae. Hier is die eerste van die vier Eggo’s van daardie wonderlike jaar.

Read More »

Romeo and Juliet 1973

Uiteindelik het ons twee foto’s van Tannie Kate se epiese produksie ontvang. Baie dankie aan Martjie Roos wat dit ingestuur het.

Read More »

Wyle Danie Wium (1956-2015)

Danie was ons hoofseun, maar hy het ons ontval in 2015. Ons eer sy nagedagtenis met hierdie kort huldeblyk deur sy broer Jan. Danie Wium was hoofseun in 1973. Met sy afsterwe in 2015 het dit ʼn baie groot leemte gelaat vir almal wat hom geken het. Hy was nie

Read More »

Meneer Booysen kuier by die skool

Ons gewilde en bekende onderhoof, later skoolhoof, wat so groot deel was van die vestiging van die atletiekkultuur het by die skool kom kuier. Leeshttps://m.facebook.com/story.php?story_fbid=pfbid02S5LZrAb2gyuM1qx9g7D3pyyiWA5jCuCVzmNWrDLFsdTCZRRcXZfULe1HxXoHQZkNl&id=100080355863547&sfnsn=scwspwa&mibextid=RUbZ1f

Read More »

Nog foto’s uit die verlede

Nou kom die bydraes mooi in. Henning het vir my hierdie klompie foto’s gestuur. Die Graad 1 foto’s is merkwaardig. Henning, Vossie, Niek, Ben Lamprecht en Andre Nel is ‘n paar klasmaats wat sedert Graad 1 saam op skool was. Wie is daar nog op hierdie foto wat ek nie

Read More »

Ons klasfoto’s

Hier is ons klasfoto’s met die name soos dit in die Eggo verskyn het. Klas 10-2 se foto het sonder name verskyn. Niek Grové, een van daardie klas, sê, tong in die kies, dat hy dink die skool het dit aspris gedoen! Help ons deur die name by te voeg

Read More »

Paar foto’s vanaf Patrys

Patrys het vir ons hierdie foto’s gestuur. Ek herken die Craig tweeling, Dirk Bezuidenhout, Dawie de Vaal. Skryf asb die name van dié wat jy herken in die kommentaar.

Read More »

Video van 1971 se matrieks se 40 days

Hierdie klas was twee jaar voor ons, maar hierdie video wys duidelik hoe dit maar met ons ook gegaan het. Dit wys ook ons onderwysers, Potgieter, Brits, Goris, Immelman, Martins, Visagie en selfs die hoof mnr Van Zyl. Geniet dit.

Read More »

Name van klasmaats wat die funksies gaan bywoon

Hier is ‘n voorlopige lys van name van 1973 Matrieks wat die twee funksies, Vrydagaand by Blue Crane en Saterdagaand by die skool gaan bywoon. As iemand se naam per ongeluk weggelaat is laat weet ons asseblief. Jy kan vir my (Koos) kontak by 0722005973 of kosiemarais@gmail.com of selfs die

Read More »

Matriekuitslae

Hier is die foto’s van die slimstes van die slimstes in die koerant. As jou naam en fot nie daar is nie, geniet die ou advertensies tussenin.

Read More »

Revue

Hier is die program vir die revue om die tienjarige bestaan van die skool en CJ Langenhoven se 100-jarige herdenking te vier.

Read More »

Ons was stout

Meneer Gerber het gedreig om ons skoolpouses weg te neem. Dit het selfs die koerant gehaal.

Read More »

Standerd 9 Konsert

In April 1972 het ons ook konsert gehou: Eenling is die Mens. Baie dankie Susan Potgieter vir die dokumente.

Read More »

Romeo en Juliet

Wie sal ooit Tannie Kate se wonderlike produksie van Shakespeare se Romeo and Juliet vergeet? Hier is die program en rolverdeling. Baie dankie aan Susan Potgieter wat die foto’s vir ons gestuur het.

Read More »

Ons reünie is groot nuus

Prof Jannie Rossouw, ons klasmaat, skryf vandag 31 Mei 2023, in Beeld uitvoerig oor ons matriekjaar se wêreld. Hy begin sy artikel met ‘n verwysing na ons reünie van die naweek van 25 en 26 Augustus 2023. Lees gerus.

Read More »