Nog Foto’s van Hillside Tavern kuier
Susan (Potgieter) Kleijnhans het ‘n paar foto’s aangestuur. Dit was ‘n baie lekker aand. Ons maak volgende jaar weer so. Intussen kan julle gerus nog nuus oor ons klasmaats se doen en late aanstuur.
Susan (Potgieter) Kleijnhans het ‘n paar foto’s aangestuur. Dit was ‘n baie lekker aand. Ons maak volgende jaar weer so. Intussen kan julle gerus nog nuus oor ons klasmaats se doen en late aanstuur.
‘n Groot groep van ons het gister heerlik gekuier by Hillside Tavern. Dit was regtig ‘n lieflike aand. Op een stadium het die gekuier my laat dink aan Marita van der Vyver se boeke Wegkomkans en die onlangse Laaste Kans. Ons lewens het baie wye en verskillende draaie geloop. baie
‘n Paar 1973 Matrieks het aangedui dat hulle volgende Maandag saam met Jan van Loosen, wat al die pad van Nederland af gekom het gaan kuier. Ek het met Hillside Tavern gereël vir ‘n groot tafel vanaf 17:00. Vir die wat wil eet noem ek dat die kombuis eers vanaf
Die opskrif is sommer klikaas (click bait), maar dit is tog die waarheid. Lank lewe die Springbokke! En as hulle so aanhou dalk die Proteas ook. Sonja Schroeder Bosch het vanoggend twee skakels aangestuur. Die een bevat nog meer as 150 foto’s van die https://menlobond.co.za/60-jaar-reunienaweek/reünie en die ander is ‘n
As die oudste van vyf kinders (almal in Suid-Afrika gebore) in die immigrantegesin van Loosen uit Holland, het ek my aangemeld by Menlopark Hoërskool op die eerste dag van die vierde kwartaal van 1970 in standerd 7. Die eerste 3 kwartale van daardie jaar was ek leerling van Pinetown Hoërskool
Een van ons 1973 klasmaats, Jan van Loosen, het bykans ‘n jaar gelede reeds sy vliegkaartjies vanaf Nederland Suid-Afrika toe gekoop met die doel om ons reünie by te woon. Op daardie stadium was die plan nog om die reünie die laaste naweek in November te hou. Toe kom die
Ek het vanoggend hierdie storie van Herman gekry en lank en innig gelag. Geniet dit, terwyl ons nog aan hierdie “kant” van Saterdag se wedstryd is: Uhuru manne. Wie onthou nog AM van Schoor se praatjies net voor 7 in die aand? Om weer die gesigte te sien met wie
Louisa Conradie de Flamingh het gister hierdie foto’s van ons groot naweek aangestuur. Geniet dit en stuur nog stories en foto’s asseblief, van nou en van 50 jaar gelede.
Lekker om hier te wees en ek hoop julle geniet ons oorsig. Ek het altyd die gevoel dat ons gelukkig was met die era waarin ons gebore was. Van die nougesette Christelike,nasionale opvoeding wat apartheid op ons afgedwing het, tot die monumentale verandering wat ons in ons land beleef heten nog gaan beleef. Soveel vir die filosowe wat sê: ”may you live in interesting times!” My
Henning Pieterse, onderhoofseun van 1973 het ‘n kort en kragtige boodskap aan die skool gebring. Hy sê dit was nie ‘n voorbereide toespraak nie en het spontaan uit sy hart gekom: “Mnr Reynders, Mnr Erasmus, dames en here, Menloparkers Toe ek vanoggend my Parkie-das weer vir die eerste keer in
Die matriekklas van Hoërskool Menlopark het Vrydagaand 25 Augustus 2023 hul 50-jaar reünie op vrolike wyse gevier. Hier is ‘n video van die amptelike deel van die aand.https://drive.google.com/file/d/1LcQVtsM28fyeXq1noZmiTt0Lo-ZHP_4v/view?usp=sharing
Hier is Sonja se toespraak by geleentheid van ons 50-jaar reünie wat Vrydag 25 Augustus 2023 by die skool en by Blue Crane plaasgevind het. Sonja was ons hoofmeisie en sy is vier of vyf tale magtig. Geen wonder sy het ‘n roemryke loopbaan as professor en hoof van die
Jannie het vir ons sy toespraak van Saterdagaand by Blue Crane gestuur. Hier is dit: ’n Terugblik op die skool, ons onderwysers en ons klasmaats na 50 jaar Jannie Rossouw 25 Augustus 2023 ’73 Parkies re-unie Liewe vriende Dit is ‘n groot voorreg om vanaand met julle almal te praat.
Ons gloei nog in die kole van Vrydagaand se “vuurtjie” by Blue Crane. Hier is ‘n videoboodskap wat ons van Jan van Loosen ontvang het en wat op die skerm verskyn het. Party van ons het dit dalk nie gesien nie omdat hulle buite by die regte vuur gekuier het.
Jannie het gisteraand belowe om meegaande artikel in vanoggend (26 Augustus 23) se Rapport vir ons in elektroniese formaat beskikbaar te stel. Intussen is hier ‘n skermgreep. Wat vir Nommer 1 geld, moet tog ook Jan Publiek geld? Jannie Rossouw Besoekende professor en ‘n afgetrede Adjunkhoofbestuurder van die SA Reserwebank
Ons het heerlik gekuier. Later meer (ons moet nou skool toe gaan!) Dit is nou later. Sondagoggend. Ons kan nou rustig terugkyk op ‘n onvergeetlike naweek, 50 jaar nadat ons in matriek was. Gisteraand het ons die naweek afgesluit saam met die matrieks van 1983, 1993, 2003 en 2013.
Gera het ‘n boodskap gestuur: Hallo Kosie Ek is so jammer ek kan nie die reunie bywoon nie..en het toe gaan krap tussen al my ou fotos en op n paar afgekom. 1. Matriek funksie saam met ouers : a boonste foto van agter : Florette de Leeuw, Gerda v
Uiteindelik het die groot naweek aangebreek. Ons hou reünie en die maats het saamgetrek. Die naweek is vanoggend afgeskop met ‘n tipiese skoolopeningseremonie in die nuwe amfiteater wat twee weke gelede ingewy is. Voorheen was dit net ‘n hoop grond. Daarna het hoofseun Henning Pieterse en hoofdogter Sonja Schroeder Bosch
Klik op die skakel om op jou eie rekenaar af te laai: https://www.dropbox.com/scl/fi/hllyahkxs5h6bi3msrbms/Eggo4.pdf?rlkey=e23lt6ubl4lfsosk1w6vh2ku2&dl=0
Klik op die skakel om af te laai: https://www.dropbox.com/scl/fi/5sxoaw3hl5dqunlqx49fl/Eggo3.pdf?rlkey=akex5nx7xe4xbtb3i4jyeyem8&dl=0