Studente

Marianne (Koelman) Wessels

Ek is ‘n gebore Pretorianer, was in Laerskool en Hoërskool Menlopark en bly nogsteeds in die omgewing. Na skool het ek B Com Ekonomie by Tukkies geswat. Wessel en ek is in Januarie 1978 getroud en het drie kinders – Alet, Heloise en Tewie. Heloise het in 2002 gematrikuleer aan

Read More »

Elsabe (Jacobsz) Falkson

Ongelukkig kan ek nie in Augustus SA toe  kom  nie, dit is seilseisoen.   Jammer ek kon nie wakkerbly vir jongste zoom nie! Hier is skakels waar hierdie oud parkie die nuus gehaal het! https://www.kingstonist.com/news/rotary-kingston-recognizes-outstanding-contributions-of-community-members/ https://www.thewhig.com/news/local-news/first-harbour-pageant-raises-3k-for-easter-seals https://www.kingstonrotary.ca/Stories/president-elsab%C3%A9%E2%80%99s-swan-song-sets-out-big-challenge-for-2022-23-president-alicia https://www.kingstonist.com/news/council-approves-motion-to-support-no-mow-may/

Read More »

Henning Pieterse

Sommige verbintenisse verdwyn nooit nie! Dit geld beslis vir my verbintenis met Menlopark Hoërskool (trouens met die Laerskool ook) en met die 73ers wat saam met my op skool was. My hoërskooljare was ‘n hoogtepunt in my lewe en het so ‘n indruk op my gemaak dat die 5 jaar

Read More »

Sonja (Schroeder) Bosch

“Life is the art of drawing without an eraser” (John W Gardner) – dit is sekerlik ‘n lewenservaring wat ons almal gemaak het. Gelukkig wil ek darem (nog) nie te veel van my lewe ná matriek sou wou uitvee nie… Tydens my matriekjaar het ‘n aanlegtoets aangedui dat ek sou

Read More »

Richard Dinkelmann

Die foto hier onder is in Desember ’22 in Wildernis, Suid-Afrika geneem. Ons kleindogter Emma is saam met Patty en ek by die strand. Na skool het ek my diensplig in Voortrekkerhoogte asook Katima Mulilo (Suidwes Afrika) in die mediese korps gedoen. In ’75 het ek 1e jaar tandheelkunde op

Read More »

Martjie Roos

Ek het na matriek BA Kommunikasiekunde op die PUK studeer en het sedertdien as joernalis by verskeie publikasies soos Rooi Rose, Beeld en Rapport tydskrif gewerk en ook skakelwerk by onder meer Select Musiek, Franz Marx Films en Snelco Pro gedoen. Ek het vier jaar gelede semi afgetree en doen

Read More »

Chris Henrico

Ek is gebore in Potgietersrus en het die eerste paar jaar van my lewe in Thabazimbi en Ellisras gewoon.  Ons het in 1965 Pretoria toe verhuis, waar ek nogsteeds woon. Getroud met Lizelle (Walker), oud Parkie. Sy het onderwys studeer and die Universiteit van Pretoria. Sy was werksaam by Krygkor

Read More »

Abraham Singels

Eers ʼn jaar weermag in Voortrekkerhoogte, toe Landbou gestudeer op Stellenbosch. Daarna my navorsingsloopbaan begin by die Kleingraansentrum in Bethlehem (1979-1980), en voortgesit by Landbouweerkunde Dept., Universiteit Vrystaat in Bloemfontein. Getroud met Elza Brand in 1985 en drie kinders gebore in Bloemfontein tot 1996. Werk daarna by Suikerrietnavorsingsinstituut as gewas-wetenskaplike

Read More »

Le Roux Cilliers

Na skool, is ek kortliks na Pretoria Universiteit vir tokkelok studies, maar die gang is versteur en ek sluit aan by die Suid Afrikaanse Polisie waar ek amper vir  vyf jaar hoofsaaklik in die Finansiele Misdaad afdeling diens gedoen het. Terselfdertyd het ek deur Unisa verder gestudeer vir rekenmeester en

Read More »

Koos Marais

Langs my kronkelende lewenspad kon ek gereeld terugkyk na dit wat die Hoërskool Menlopark vir my beteken het. Natuurlik het ek dit destyds nie genoeg waardeer nie, maar elke dag raak ek al meer bewus van die invloed van my onderwysers en maats op my lewe. Ek het na skool

Read More »

Niek Grové

Beste Klasmaats Dit is baie jare gelede dat ek die meeste van julle laas gesien het. So ietsie oor my lewe: Na ons matriekjaar in 1973 is ek Universiteit toe. Ek het in 1978 my BA LLB by UP voltooi.  My studentejare by Tukkies was gelukkig. Ek het onder andere

Read More »

Frouwien Naude

46 jaar gelede het ‘n pas gekwalifiseerde en pasgetroude Spraak-Taal terapeut en Oudioloog diestad waar sy groot geword het agtergelaat vir ‘n pos by die Onderwysdepartement inPietermaritzburg, KZN. Na 3 jaar het sy besluit om haar loopbaan te balanseer in Privaatpraktyk met kinders groot maak. Louise is gebore in 1980

Read More »

Dirk Conradie

Proloog: Die Suid-Afrika van 1973 was baie anders as vandag. Min sou my kon my voorberei vir die drastiese veranderings op politieke en tegnologiese terrein wat sou volg. Ek is egter dankbaar vir die uitstaande leerkragte wat my geslyp het en die waardestelsels wat gevestig is. Corpus: Na skool het

Read More »

Hildegarde Heymann

Nooiensvan: Heymann I am doing this in English, since after over forty years my spoken Afrikaans is still good thesame cannot be said for my written Afrikaans. After matric I went to Stellenbosch Universityand completed a BSc in Agriculture with Enology as the emphasis. I worked in the wine industryfor

Read More »

Thabo Snyman

Geskiedenis:Na skool het ek studeer by Tukkies vir vyf jaar vir siviele ingenieurDaarn weermag toe vir twee jaar. Daarna beurs terug gewerk in Pretoria en Witbank by Spoorweg.Toe na Middelburg Stadsraad.Toe WLPU raadgewende ingenieurs. Daarna werk ek vir my self as ontwikkelaar en raadgewende ingenieur tot nou.Woon en werk nog

Read More »

Hanno Rottier

Nooiensvan: NVT Soos meeste van ons jong mans, moes ek eers weermag toe gaan wat seker die slegste deel van my lewe was want ek het uit n beskermde omgewing beweeg om te sien wat egter in die wereld aangaan…..was nogal geskok toe ek agterkom dat die meeste jong seuns

Read More »

Jannie Rossouw

Nooiensvan: NVT Ek is in Stellenbosch gebore en het eers in die hoërskool by die 1973-matriekgroep van Die Hoërskool Menlopark aangesluit. Sedertdien woon ek in Pretoria, wat na my mening die beste klimaat in Suid-Afrika het. Na skool het ek ekonomie voorgraads en nagraads aan die Universiteit van Pretoria en

Read More »

Gerhard, bynaam Jim, Pansegrouw

Nooiensvan: NVT Na skool word ek opgeroep vir diensplig, besluit om n loopbaan daarvan te maak en sluit in 1974 staandemag aan. Na n suksesvolle loopbaan, met baie hoogtepunte, verlaat ek die weermag in 1996 na 22 jaar diens. Daarna volg n kort loopbaan van 4 jaar by Denel, waarna

Read More »