Na matriek doen ek my diensplig in die SA Polisie, verwerf n regsgraad by UP, werk by die Meesterskantoor, die Aktekantoor, die Departement van Gesondheid en by twee prokureursfirmas voordat ek in 1997 besluit om te spesialiseer in Kinderreg. Ek is deel van n span wat die Kinderwet skryf en is betrokke by groot kinderreghofsake. Spesialiseer egterin die aanneming van kinders en meer spesifiek “inter country adoption – die aanneming van Suid-Afrikaansekinders deur egpare van Europa, Amerika en veralSkandinawie (Swede, Denemarke Finland en Noorwee).Doen ook baie regswerk en dissiplinere verhore vir die statutere rade en maak in 2019 my kantoordeure toe. Ek is in 1982 getroud met Tilania Roos van Rustenburg. Tilania is n Advokaat van beroep en praktiseer vanaf1995- 2015 waarna sy as sakevrou haar eie besighedeweg van die regspraktyk bedryf. Ons woon al 38 jaar in Menlopark en het drie seuns wat onderskeidelik in Pretoria, Melbourne en Dublin woon en werk. Ook driepragtige skoondogters en vyf kleinkinders. My stokperdjies is reis en lees. Ons seuns was in Hoerskool Menlopark en ek was baiebetrokke by hul aktiwiteite. Soveel so dat ek vir vyf jaaras n lid van die Beheerliggaam van die skool gedien het(verantwoordelik vir al die regsaangeleenthede) en ookvir 10jaar op verskillende skoolkomitees gedien het. Na 22 jaar se betrokkenheid by die Hoerskool Menlopark – 5 as leerling, 12 as ouer en nog 5 in anderhoedanighede – het ek in 2014 saam met