Jannie Rossouw presteer weer

Ons eie celeb, Prof Jannie Rossouw, se nuutste boek is vars op die rak. Wel, soort van. Die eerste eksemplaar het gister opgeduik en sal binne die volgende week op die rakke van Suid-Afrika se voorste boekwinkels wees. Hier is solank ‘n voorsmakie. Die boek se verleidelike titel is “Inflation is Ungood, and other Sexual Truths”. Soos enige 1973 Parkie behoort te weet het Jannie duidelik sy tong versigitg tussen sy bo- en ondertande verbygeglip tot teen die masseterspier, dws in sy kies, by die skryf van hierdie boek. Tussendeur die seksuele innuendos raak Jannie groot waarhede kwyt. Altans ek hoop hy doen dit. Ek sien baie uit daarna om tussen die lakens, ek bedoel blaaie, van hierdie boek te klim. Geniet hom.

3 Responses

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *