: Hier onder is Ivan se lewensverhaal. Die hartseer nuus is dat Ivan in Januarie 2024 oorlede is na ‘n siekbed. “Julle onthou my dat ek my Springbok kleure ontvang het in ons matriek jaar met radio beheerde vliegtuie. Na matriek is ek lugmag toe vir my diensplig,maar ook dat ek graag vlienier wou word. Dit was toe nie vir my beskore nie aangesien ek nie die mediese toetse kon slaag nie.Ek vlieg toe vir die twee jaar die lugmag se nabootsers en kon elke dag ook gaan oefen vir die wereld kampoenskappe in Bern Switserland.
Ek het aan 6 wereld kampioenskappe kon deelneem.1973 Goritzia,1975 Switserland,1977 Springfield Ohio,1979 Suid Afrika,1981 Mexsico en 1983 Pensicola Florida.Hier het ek 22ste in die wereld geplaas uit 120 deelnemers.Hierna verkoop ek al my vliegtuie en toerustng,nou n gesins man.
Ek het weer in 1998 begin om te beoordeel by kompetisies en ek was in 2013 en 2015 een van 20 beoordelaars wat by Wereld kampioenskappe beoordeel het.
Na diensplig het ek by Ou Mutual begin werk aqs klerk en later as konsultant.
Ek was bevooreg om 18 jaar in die S A Polisie se opleidings kollege in PTA Wes te kon werk wat gelei het dat ek Ou Mutual se buitelandse konfensies meegemaak het.
Ek is getroud met my vrou Elize.Ons geniet ons kinders en kleinkinders.
Ek woon nog altyd in Preteoria en ons het afgertee op Mooiplaats Pretoria Oos.
Stil sit is nie vir my en ek begin my eie dak verskaffing en oprigting besigheid.”
Rus in Vrede Ivan.

One Response
Hi Ivan. Ook al omtrent 6 jaar gelede dat jy saam met wyle Henning Herbst by Magnoliadal se restaurant aangekom het en ek nie n idee gehad het wie jy kan wees nie. Hoop om jou weer te sien.