1974 het ek diensplig gedoen eers te Lenz en toe Wonderboom in Pretoria. Tydens ‘n wedstryd vir Weermag onder 20 skeur ek my knie ligamente en kapsel sodat ek vir meer as 4 maande in 1 Mil in Voortrekkerhoogte deur bring.
1975 het ek by Tukkies begin met B Com rek. In 1976 begin ek met my klerkskap in Pretoria by Hoek, Wiehahn & Cross (later Wiehahn Meyernel) en ek studeer verder by Tukkies Buitemuurs. In 1979 trou ek en die kantoor verplaas my begin 1980 na Durban as oudit senior. Na 2 jaar verplaas hulle my na Lichtenburg in Wes Transvaal. In 1986 verhuis ek na die Laeveld en begin met my eie rekenkundige praktyk, eers net op Hectorspruit en toe later ook ‘n kantoor in Nelspruit. Januarie 2001 verkoop ek my praktyk in Nelspruit en verhuis na die Strand. Eers het ek myself in eiendomme begeef maar het weer na ‘n paar jaar begin werk as rekenmeester. Ek is tans semi afgetree maar ek hanteer nog ‘n paar besighede se boeke insluitende my kinders se besighede.
Ek is geskei en het 3 seuns, die oudste twee het besighede in die Strand/Somerset Wes area en die jongste bly op die Cayman Eilande, so ook Oupa se enigste kleinkind!
One Response
Rus in vrede, Gys.
Ons eer sy nagedagtenis.