Julle sal opmerk dat die vorige plasing deur Jannie Rossouw iets vertel van wat ons onthou van 1973. Jannie het my gekontak en gevra of ons nie iewers op hierdie webblad ruimte kan maak vir lekker gesels nie, soos op Facebook of een van die miljoene forums. Ek was al by verskeie sulke gespreksforums betrokke en dit kan lekker wees, maar dit kos die gasheer geld. Hierdie webblad leen hom daartoe in sy huidige formaat sonder enige koste. Jy kan die “Vertel ons van Jouself” blokkie gebruik en jou storie of geselsie daarop skryf, soos wat ek met Jannie s’n gedoen het. Ander vriende kan dan daarop kommentaar lewer deur die blokkie aan die onderkant van die plasing te gebruik. Sodra die verkeer besig raak kan ons ‘n permanente bulletin oorweeg. In die tussentyd gebruik ons hierdie platform. Jy kan ook, as jy wil, net aan my skryf by kosiemarais@gmail.com en dan plaas jou ek jou storie hier. Foto’s, videos en skakels na ander webblaaie is ook welkom.