Een van ons mees ondeunde klasmaats is Francois de Vos. Hy was op skool ‘n befaamde tennisspeler, krieketspeler en later gholfspeler. Menige Vrydagmiddag is hy, ietwat vroeg, oor die skool se heining weg, Pretoria Buiteklub toe waar hy saam met ‘n paar maters 18 putjies gaan speel het. Hy vertolk die rol van die Friar in Tannie Kate se produksie van Romeo en Juliet en in ‘n ander verhoogproduksie neem hy die vrymoedigheid om die enigste skoolseun ooit te wees wat op HoĆ«rskool Menlopark se verhoog kon staan en rook. Na skool bekwaam hy homself as prokureur en ontwikkel tot die mees senior vennoot van Tim du Toit, bekende regsfirma van Pretoria. Hy hanteer verskeie groot en opspraakwekkende gedinge en kontrakte. Hy speel steeds gholf, en kuier gereeld saam met al sy vriende, veral sy ou skoolpelle. Hy kom gereeld in St Francis waar hy op die bestuur van die Links, die gholfbaanlandgoed dien. Hy is die trotse pa van Beyers en die tweeling Francois en Margaretha en hy woon deesdae in Midstream.
