My jongste dogter is besig om ‘n M tesis (Universitieit van Toronto) te verdedig en trek in September na die VSA waar sy ‘n “Fellowship” by Yale aangebied is.
Ek is ook ouma van vier woelige seuntjies (1-6 jaar oud oud). Ma’s is die twee ouer dogters). Skynbaar maak ek n goeie Zombie: “ouma play you’re a zombie” en dan gil en jil dit vir ‘n vale.
Het so pas ‘n twee jaar aanlynprogram (4 kursusse) deur Dalhousie Universiteit voltooi en is nou ‘n gesertifiseerde “Master Gardener”. Ek pluk die grasperk uit en beplant my hele tuin met inheemse plante wat ek van saad groei en konsulteer met die lokale stadsraad oor “invasive alien plants”. Tuinmaak in Kanada is effe meer van ‘ n uitdaging as in Suid-Afrika.
Ek praat gereeld oor biodiversiteit en uitheemse indringer spesies. Van wurms tot Ivy. Dit doen ek oor ek besorg is oor wereldwye omgewingsdegradasie, die plunder en onkunde. Ek speel lekker “citizen scientist” en moedig almal aan om die app iNaturalist te gebruik en tot kennis by te dra. Dit verheug my om elke nuwe besoeker aan my tuin (soos bye, perdebye, torre, skoelappers & motte) te identifiseer en op iNaturalist te rapporteer.
As daar Parkies is wat ook Rotariërs is en belang stel in gesamentlike omgewingsbewaringsprojekte – kontak my asseblief: die Rotary International Foundation het geld! Ek is baie aktief as Rotariër en is Area Goewerneur van “Seaway West” Distrik 7040, verantwoordelik vir 8 clubs – sowat 250 Rotariërs en ‘n lid van wereldwye ESRAG. (Environmental Sustainability Rotary Action Group). En ek ry al sedert 2017 met ‘n VOLLE elektriese voertuig: gelukkig het ons nie Load Shedding nie.
Alles is natuurlik nie maanskyn en rose in Kanada nie, soos ooraloor is die poltici korrup, ons geldeenheid verswak daagliks, die gesondheidstelsel is op die rand van ineenstorting, georganiseerde misdaad soos voertuigdiefstal is meer algemeen deesdae en die groter stede is vol jong zombies – katatonies van drugs en sterf van fentaniel en oordosis. Nogtans het ons geen heining, hekke en vergeet meestal om die deure te sluit. Nie een van ons weet hoe om die alarmstelsel te werk nie, so die alarm is permanent af. Ek is dankbaar daarvoor en dat my kinders en kleinkinders almal veilig, gelukking en onafhanklik is!
Intussen seil ek nog gereeld tweemaal ‘n week in seiljag klubresies, maar die artritis in my hande gaan een van die jare nog n stokkie daarvoor steek.
Ek hoop Parkies ooraloor sit skouer aan die wiel met omgewingsbewaring. Sonder biodiversiteit kan daar nie lewe wees nie!
Hoop om party van julle in RSA te sien: Ons kom kuier in die Kaap, Hermanus, George, Gauteng en in Somkhanda (Natal) van 9 Oktober to amper einde Oktober. My WhatsApp is +1 613-541 8 vyf vyf vyf


6 Responses
Ek is vol bewondering vir jou vol en betekenisvolle lewe. Ek gaan die app aflaai soos jy voorstel.
Dankie vir die moeite om met ons te deel.
Ek hoop jy het soveel vreugde met die App soos wat ek daaruit put. Ek hoop om binnekort my 300ste obsevasie te maak. My profielnaam is elsabe2 as jy wil loer!
Liewe Elsabe
Wat n lieflike lang en interessante brief. Ja, ons doen wat ons kan om liggies te trap op Moeder aarde. Dis wonderlik dat jy so aktief is en so n wye belangstallingsveld het. Dit hou jou jonk. Dis so belangrik dat ons nuuskierig bly oor die wêreld en mense om ons. Ek is jammer dat ek nie de Parkie ete in die Kaap kan by woon nie maar hopenlik sien ons mekaar ‘n volgende keer. Wat n lieflike skoolfoto! Daai vonkel in die oë, jy was altyd vol positiewe energie!
Groete vir jou en jou man.
Karien
Dankie Karien! ek is regtig jammer ek mis jou. Volgende keer.
Hi Elsabe,
Lekker om van jou te hoor. Dit sal wonderlik wees om jou te sien wanneer jy in Gauteng is… Van wanneer af is jy in Gauteng? Ons het jou gemis by die groot reunie verlede jaar, maar hierdie is ‘n goeie verskoning om ‘n mini-reunie te hou in Gauteng. Sal jou graag wil sien. Laat ons weet. Dan beplan ons iets.
Liefdegroete.
Susan.
Ons kuier in Gauteng van 15 tot 19 Oktober. Sien jou graag!