Proloog:
Die Suid-Afrika van 1973 was baie anders as vandag. Min sou my kon my voorberei vir die drastiese veranderings op politieke en tegnologiese terrein wat sou volg. Ek is egter dankbaar vir die uitstaande leerkragte wat my geslyp het en die waardestelsels wat gevestig is.
Corpus:
Na skool het ek ‘n jaar verpligte militêre diens gedoen. Met die toenemende intensiteit van die
bosoorlog het dit egter ongelukkig ontwikkel in baie grenskampe in die noorde van Namibië. In 1975 het ek begin met my argitektuurstudie (B.Arch) by Tukkies, toe dit nog ‘n Afrikaanse Universiteit was. Destyds was dit nog ‘n intensiewe vyf jaar graad en ek was dankbaar om in 1979 my graad te behaal en as argitek te kwalifiseer. In 1982 behaal ek my M.Arch graad (Cum Laude). Na ‘n relatiewe kort loopbaan as argitek het ek in 1989 by die Wetenskaplike Nywerheids Navorsingsraad (WNNR) begin werk en was eventueel ‘n senior navorser in die Built Environment afdeling tot en met aftrede begin
van 2019. In 1995 was ek betrokke met die grootste gesondheidsfasiliteitsoudit, op daardie stadium, wat nog in die wêreld onderneem is. Alhoewel ek oorspronklik opgelei is as argitek en het ek later begin belangstel en spesialiseer in stelsels en programmatuur wat te doen het met die bouomgewing.
Ek was tot onlangs deel van die navorsingsgroep wat gebouverrigting met behulp van analitiese
programmatuur gesimuleer en voorspel het. Daar is veral op passiewe ontwerpmetodes, soos natuurlike ventilasie en sonbeheer gekonsentreer. Sedert 2010 is ek gemoeid met die kwantifisering van die Suid-Afrikaanse klimaat vir praktiese toepassing in gebouontwerp. Ek was deel van die navorsingsspan wat ‘n nuwe gebou energieverwysingskaart vir Suid-Afrika geprodusseer het wat die huidige Buro van Standaarde se SANS 204, 6 sone kaart vervang het. Ek is op die oomblik direkteur van my eie programmatuurmaatskappy, Polygon Software Development, wat biblioteek, handbook en roerende bate stelsels vir skole ontwikkel.
Ek het ‘n wye belangstelling en het in 2001 my Ph.D. in kunsmatige intelligensie aan die Universiteit van Pretoria behaal onder die bekwane leiding van Prof. Dieter Holm. Ek publiseer wyd in plaaslike en oorsese wetenskaplike joernale en was ‘n gereelde spreker by plaaslike en internasionale konferensies. Ek was ook tot onlangs ‘n tematiese redakteur van die internasionale Smart and Sustainable Built Environment joernaal. Ek sal seker die ewige nuuskierige student bly!
Gedurende my loopbaan was ek bevoorreg om heelwat toekennings te ontvang soos die 2014 JD
Roberts toekenning (naaswinner) vir my werk in gebouverrigting, vestiging van gevorderede Suid-
Afrikaanse gesondheidsbeplanningsnorme en die ontwikkeling van vele innoverende, eksperimentele en kommersiële programmatuurstelsels. Ek word in 2020 lid van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Ek is gelukkig getroud en het twee seuns en woon my hele lewe lank in Pretoria (die stad met die
beste klimaat in ter wêreld). Ons oudste seun is ‘n aktuaris by PWC in Midrand en die jongste is ‘n
meganiese ingenieur werksaam by TrafFix Devices in San Diego, VSA.
Vir ontspanning geniet ek die weeklikse Parkrun baie!
Epiloog:
Tot dusvêr was dit vir my ‘n baie geseënde en gelukkige lewe. Ek het geleer dat daar altyd iemand is wat meer weet as jyself en jy moet by daardie persoon leer. Die volgende persone het ‘n groot invloed op my loopbaan uitgeoefen:
Universiteit van Pretoria: Prof. Alwyn Burger and Dieter Holm (benadering tot wetenskaplike
probleemoplossing)
WNNR: Phil Roets, Malcolm Jones, Geoff Abbott, Ben van Vliet and Sidney Parsons
Martin Centre in Cambridge VK: Paul Richens (Een van die vaders van Computer Aided Design
(CAD))
Hiroshima Universiteit: Prof Mitsuo Nagamachi (KANSEI engineering)
Georgia Institute of Technology: Prof. Craig Zimring, Janet Kolodner and Charles Eastman
(Invloedryk in my doktorale studie). Prof. Kolodner is ‘n derde generasie Kunsmatige
Intelligensie spesialis.
Kobus Neethling Institute: Dr. Kobus Neethling (Vars kyk na kreatiwiteit)
My eggenoot: Christa Conradie (Onbaatsugtige liefde en ondersteuning/ uitstaande sakevernuf)