Ek is gebore in Potgietersrus en het die eerste paar jaar van my lewe in Thabazimbi en Ellisras gewoon. Ons het in 1965 Pretoria toe verhuis, waar ek nogsteeds woon.
Getroud met Lizelle (Walker), oud Parkie.
Sy het onderwys studeer and die Universiteit van Pretoria. Sy was werksaam by Krygkor vanaf 1981 tot 2017, waartydens sy verskeie kursusse asook Programbestuur by UP studeer het. Die laaste 5 jaar bedryf sy haar eie besigheid in Natuurlike gesondheid met bioresonansie, kwantum en klank/toon terapie en verskaf ook natuurlike/kruie medisyne aan haar kliënte.
Ons het 2 kinders, Louis en Marita. Louis het ‘n graad in avontuur toerisme bestuur en is tans werksaam by Henkel (‘n gom maatskappy). Hy is getroud met Charlotte, ‘n oud onderwyseres en is tans werksaam by Epi Use Labs, as ‘n kontroleerder van rekenaarprogramme. Hulle het 2 dogters, Cara en Mieke wat altwee in Laerskool Garsfontein iMarita het ‘n graad in besigheidsbestuur en is werksaam by ‘n maatskappy wat lotto en lugtyd masjiene verhuur. Sy is getroud met Mertin, ‘n IT spesialis met eie onderneming. Hulle woon op ‘n plot naby Nigel. Hulle het een dogter, Mikayla en is in Laerskool Hannes Visagie in Nigel.
Ek het my loopbaan as onderwyser by Laerskool Menlopark begin, Departementshoof geword by Laerskool Bakenkop in Centurion en later Adjunkhoof. Ek het behalwe my kantoorverpligtinge Natuurwetenskap doseer vir ongeveer 40 jaar.
Ander hoogtepunte in my lewe is:
- ± 17 jaar rugby ligawenners afgerig
- Opleier van afrigters vir Laerskole
- Ons hele gesin doen scubaduik (Mosambiek en Sodwana)
Ons is buitelug mense. Ons kamp gereeld met ons karavaan of tent (afhangende van die terrein). Ons sou graag weer Mosambiek, Botswana en Namibië wou besoek.
Ek en vroulief ry ook graag met ons motorfiets na mooi bestemminge.
Ons is bevoorreg om tans nog ons pensioen lewe te geniet en is dankbaar daarvoor.







One Response
Ek sien Chris darem een maal ‘n jaar as ons Laerskool Lynnwood reünie hou saam met Leon du Bruyn, ons oud-onderwyser.