
Ons reünie is groot nuus
Prof Jannie Rossouw, ons klasmaat, skryf vandag 31 Mei 2023, in Beeld uitvoerig oor ons matriekjaar se wêreld. Hy begin sy artikel met ‘n verwysing na ons reünie van die naweek van 25 en 26 Augustus 2023. Lees gerus.
Prof Jannie Rossouw, ons klasmaat, skryf vandag 31 Mei 2023, in Beeld uitvoerig oor ons matriekjaar se wêreld. Hy begin sy artikel met ‘n verwysing na ons reünie van die naweek van 25 en 26 Augustus 2023. Lees gerus.
After leaving Menlopark High, I went to Tuks to study Anthropology. Shortly after graduating, I met an English hydrogeologist called Chris. We instantly had a great connection. We got married in 1979, with a baby girl (Gail) following soon afterwards. We moved to the UK for a year while Chris
Ek woon in Port Elizabeth sedert 1981. Ek het ná skool B.A.(Ed) studeer by die Universiteit van Pretoria en toe Engels Tweede Taal gegee by Pretoria-Wes Hoërskool en tennis en hokkie afgerig. Ek en Ockert (Neil) Pretorius het jonk getrou. Hy was ook op Menlopark, 1972 in matriek. Hy het
Ek (Koos Marais) plaas graag hierdie stukkie nuus. Een van die lekkerste dele van die reünie is die skielike geselsies met vriende met wie ons vyftig jaar gelede kontak gehad het. Ek onthou Karien baie goed want ons kom van albei van Laerskool Lynnwood. Haar pa, oom Hein Scheepers was
Ek (Koos Marais) gaan nou iets sê oor my goeie vriend Charles Pretorius wat nog nie in sy besige skedule kon tyd inruim om vir my ‘n kort biografie te skryf nie. Charles het na skool diensplig gedoen as valskermsoldaat. Daarna het hy homself bekwaam as siviele ingenieur en toe
Hoe som mens vyftig jaar se lief en leed in ʼn paar paragrawe op? Na matriek gaan studeer ek drama op Stellenbosch en later op Tukkies. Daarna het ek vir ‘n jaar film- en televisie werk gedoen. In 1978 trou ek met James Polley en ons vestig ons in Kaapstad.
Na matriek het ek BComm LLB op Stellenbosch Universiteit verwerf. Wat ‘n wonderlike tyd in my lewe. Soveel nuwe vriende , pret en baie geleer. Eers in die beroemde ( tans berugte) Huis Marais. Ek het die laaste twee jaar saam met Ernest Heunis (saam met ons in Matriek) in
Na matriek begin ST sy teologiese studies in BA BD by die Universiteit van Pretoria. Hy legitimeer in Desember 1980. Tydens sy studiejare by Tukkies is hy ‘n inwoner van die manskoshuis Sonop. Hy is lief vir sport en speel rugby en tennis vir die koshuis, onder-20 rugby vir Tukkies
Ek het vir 25 jaar op provinsiale vlak Skaak gespeel en was baie jare in die top 10 in Suid Afrika voor ek opgehou het. Ek speel reeds 42 jaar lank rolbal saam met my vrou. Beide van ons het ons provinsiale klere verwerf. Ek het as kaptein (Skip) die
Ons kan baie trots wees op een van ons klasmaats wat gereeld op TV en in die koerante verskyn. Hier is iets wat Jannie in vanoggend se Beeld geskryf het. Ek wil ons ander klasmaats aanmoedig (smeek) om die vrymoedigheid te neem om enige nuus oor hulleself of ander klasmaats
Ek is ‘n gebore Pretorianer, was in Laerskool en Hoërskool Menlopark en bly nogsteeds in die omgewing. Na skool het ek B Com Ekonomie by Tukkies geswat. Wessel en ek is in Januarie 1978 getroud en het drie kinders – Alet, Heloise en Tewie. Heloise het in 2002 gematrikuleer aan
Ongelukkig kan ek nie in Augustus SA toe kom nie, dit is seilseisoen. Jammer ek kon nie wakkerbly vir jongste zoom nie! Hier is skakels waar hierdie oud parkie die nuus gehaal het! https://www.kingstonist.com/news/rotary-kingston-recognizes-outstanding-contributions-of-community-members/ https://www.thewhig.com/news/local-news/first-harbour-pageant-raises-3k-for-easter-seals https://www.kingstonrotary.ca/Stories/president-elsab%C3%A9%E2%80%99s-swan-song-sets-out-big-challenge-for-2022-23-president-alicia https://www.kingstonist.com/news/council-approves-motion-to-support-no-mow-may/
Sommige verbintenisse verdwyn nooit nie! Dit geld beslis vir my verbintenis met Menlopark Hoërskool (trouens met die Laerskool ook) en met die 73ers wat saam met my op skool was. My hoërskooljare was ‘n hoogtepunt in my lewe en het so ‘n indruk op my gemaak dat die 5 jaar
“Life is the art of drawing without an eraser” (John W Gardner) – dit is sekerlik ‘n lewenservaring wat ons almal gemaak het. Gelukkig wil ek darem (nog) nie te veel van my lewe ná matriek sou wou uitvee nie… Tydens my matriekjaar het ‘n aanlegtoets aangedui dat ek sou
Hiermee graag die uitnodiging wat julle aan julle klasmaats via WhatsApp of e-pos kan stuur wat al die basiese reëlings verduidelik. Ek heg ook ‘n Facebook asook ‘n Instagram prentjie aan wat julle dan op julle groepe kan plaas tesame met die teks van die uitnoding as volg: Die skool
Die foto hier onder is in Desember ’22 in Wildernis, Suid-Afrika geneem. Ons kleindogter Emma is saam met Patty en ek by die strand. Na skool het ek my diensplig in Voortrekkerhoogte asook Katima Mulilo (Suidwes Afrika) in die mediese korps gedoen. In ’75 het ek 1e jaar tandheelkunde op
Ek het na matriek BA Kommunikasiekunde op die PUK studeer en het sedertdien as joernalis by verskeie publikasies soos Rooi Rose, Beeld en Rapport tydskrif gewerk en ook skakelwerk by onder meer Select Musiek, Franz Marx Films en Snelco Pro gedoen. Ek het vier jaar gelede semi afgetree en doen
Ek is gebore in Potgietersrus en het die eerste paar jaar van my lewe in Thabazimbi en Ellisras gewoon. Ons het in 1965 Pretoria toe verhuis, waar ek nogsteeds woon. Getroud met Lizelle (Walker), oud Parkie. Sy het onderwys studeer and die Universiteit van Pretoria. Sy was werksaam by Krygkor
Julle sal opmerk dat die vorige plasing deur Jannie Rossouw iets vertel van wat ons onthou van 1973. Jannie het my gekontak en gevra of ons nie iewers op hierdie webblad ruimte kan maak vir lekker gesels nie, soos op Facebook of een van die miljoene forums. Ek was al
Na ‘n baie gesellige Zoomgesprek met sommige van ons 1973-klasmaats op Saterdagoggend, 15 April 2023, het ek gewonder wat ons van 1973 onthou. Ek stel dus hierdie rubriek vir die webbladsy voor, waar enige persoon herinneringe uit 1973 met die groep kan deel. In ‘n poging om dit af te