Ek het na matriek by Tuks radiografie gestudeer. In Desember 1976 is ek met my skoolkys, Nic van Zyl getroud. Ek het Nic in 1989 in ’n tragiese motorongeluk verloor. Ek het drie kinders en twee lieflike kleinseuns. In September 2019 het ek my dogter Riana ook in ’n motorongeluk verloor. Dit was my hartseerste dag ooit. Ek het van toe af haar seun grootgemaak. Hy is vandag ’n wonderlike jong man en in sy eerste jaar op Tuks. Ek het al die pad radiografie gedoen en is nou afgetree. Ek sien uit om almal weer te sien.