Nooiensvan: NVT
Soos meeste van ons jong mans, moes ek eers weermag toe gaan wat seker die slegste deel van my lewe was want ek het uit n beskermde omgewing beweeg om te sien wat egter in die wereld aangaan…..was nogal geskok toe ek agterkom dat die meeste jong seuns baie anders grootgeword het. Een goeie ding was dat ek baie dankbaar was vir my ouer huis en opvoeding. Ek het baie meer wereldwys na n jaar teruggekeer huistoe. Was ook meer volwasse en het fisies baie gegroei en was meer gereed vir Universiteit.
My TUKS jare was die beste tyd van my lewe tot op daardie stadium. Drie jaar later met n
BCOM (rek) graad onder die arm begin ek klerkskap doen by n klein Afrikaanse ouditeursfirma
net om na n jaar uit te vind dat dit nie is wat ek wou doen nie. Ek begin toe maar vir n MBA swot
by TUKS (en 2 jaar later nog n graad onder die arm gehad) en doen deeltydse werk. Nadat ek
bietjie rondgeval het met werk in die wapen industrie en vervaardiging het ek by die Standard
Bank opgeeindig waar ek tot aftrede gewerk het as beleggings bankier. Ons het so 3 jaar na ons
huwellik van Pretoria na Johannesburg verhuis en toe weer 14 jaar later na Kaapstad waar ons 20
jaar gebly het tot ons met aftrede weer terug verhuis het na Pretoria waar ek begin het.
Ek het my vrou,Tania, ontmoet op n bokjol nadat ek voorgraads klaar geswot het. Ons het amper
4 jaar later eers getrou nadat sy klaar was met haar onderwys diploma. Ons is steeds gelukkig
getroud na 40 jaar en gaan nog sterk aan. Ons het twee pragtige dogters wat beide met baie
goeie mans getroud is en nou het ons 4 oulike kleinkinders wat wissel in ouderdom van 2 tot 7
(drie seuns en een dogter). Nou bly ons oudste dogter in Lynnwood en ons oudste kleinkind is in
graad 1 in Lynnwood laerskool en sal seker eendag ook weer in Menlopark Hoer opeindig…..n vol
sirkel!