Ek was op Menlopark laerskool en het na matriek vir een jaar tekenwerk by ‘n argiteksfirmsa gedoen voor ek Skone Kunste gaan studeer het aan die Pretoria Technikon vir drie jaar.
Daar was ander Parkies ook op kunsskool maar ek dink met ons bell bottoms en lang hare (beide die ‘girls’ en ouens) het ons mekaar nie herken nie of dalk was ons aandag afgetrek deur baie ander interessante mense soos die begaafde voornemende kunstenaar wat op kampus in sy Volksie gebly het en by die Fonteine gaan bad het!!!
Ek het later klasgegee daar en ook by Pretoria Tegniese Kollege, Joelien Mode Akademie en soms as gas-dosent opgetree by Tuks.
Later het ek my eie skool, Paradiso School for Arts and Crafts begin. Mettertyd het ek oorval geraak met versoeke vir gespesialiseerde verftegnieke en het die naam verander na Paradiso Interiors.
Van my lekkerste projekte was ‘n 3.5 maandelange opgraderingprojek plus skilderye by de Beers se Finch mine op Lime acres, ‘n opgraderings-interieur-en-vertegniek projek van ‘n jaar lank vir Blue mountain lodge van Forever resorts en ‘n 7 maande projek op ‘n eiland in die Mosambiek archipelego waar ek by verskeie 5

️ lodges opgetree het as afwerkingspesialis/kunstenaar, verftegniek-spesialis en ‘art director’.
Kort na my studies het ek met, ja sjoe ‘n lang Voortrekkernaam Marthinus Wessel Pretorius, of soos hy algemeen bekend was as Tokkie Cronjé, getou.
Hy was dosent in Organiese Chemie en Farmaseutika by die Aptekerskool, Pretoria en het locumwerk vir jare gedoen by Menlopark apteek in Lynnwoodweg oorkant die universiteit manskoshuise.:
Tokkie is oorlede toe ek 37 was.Twee kinders is uit ons huwelik gebore, die oudste Martin wat met sy gesin in Auckland NZ bly en Hilde die jongste wat soos ek ook in Johannesburg bly.
Alhoewel ek deurgaans ná my studies geskilder het, is dit eers die afgelope tien jaar of so wat ek myself werklik met oorgawe daaraan kan toewy.
Daar is nog vele meer om te sê, maar intussen sien ek uit om almal te her-ontmoet en om op te vang met julle/ons lewens oor ‘n tydperk van 50jaar.




Links na regs
Hilli, Bollie, Elmarie, Anne, Roelien, Lynette, Karien
