Nooiensvan: NVT
Na skool word ek opgeroep vir diensplig, besluit om n loopbaan daarvan te maak en sluit in 1974
staandemag aan. Na n suksesvolle loopbaan, met baie hoogtepunte, verlaat ek die weermag in
1996 na 22 jaar diens. Daarna volg n kort loopbaan van 4 jaar by Denel, waarna ek bedank.
Januarie 2001 aanvaar ek n pos as projekbestuurder by die “ United Nations Office for Project
Services” (UNOPS) en werk ek die volgende 16 jaar in die buiteland, hoofsaaklik in die Midde
Ooste. In 2008 word ek aangestel as “Country Director UNOPS” gesetel in Amman Jordanie,
verantwoordelik vir verskeie projekte in Jordanie en Irak, later kom Yemen, Syria en Lebanon
by. Amman was ons tuiste vir bykans 7 jaar, my vrou en ek het dit werklik geniet om daar te woon
en werk.
Ek gaan op pensioen in 2016, en ons tree af in Jeffreysbaai, Oos Kaap. Ek doen soms nog
konsultasie werk en klein projekte.
Getroud in 1978, met Inge Lotte Hinze, sy is afkomstig van Piet Retief omgewing, het twee
kinders en twee kleinkinders.