Na skool, wat ek baie geniet het, is ek terug Stellenbosch toe waar ek groot geword het. n Heerlike 4 jaar het gevolg. Swot, vriendinne, pret.
In my HOD jaar ontmoet ek Willem toe ek en n vriendin by hulle gaan brug speel. Ons is nou 45 jaar getroud.
Na n loopbaan van oor die 20 jaar in bemarking en kommunikasie by Telkom, tree ek af en werk nog hier en daar.
Ons reis baie, speel gholf en ek speel baie brug, my gunsteling aktiwiteit. Ons woon al 28 jaar in ons huis hier langs die Pretoria Buiteklub maar spandeer deesdae 6 maande van die jaar in Hermanus.
