Shortie Snyman

My Menlopark hoërskool tyd was fantasties, waarskynlik omdat die balans tussen akademie en sosiaal nie reg was nie. Maar ten spyte van my goeie vriende se hulp het ek matriek met universiteit vrystelling geslaag. Tot my verbasing het ek ‘n telegram in Januarie 1974 gekry van UP af om te sê al die studente wat gekeur was vir medies het nie opgedaag nie, waarskynlik omdat hulle by ‘n ander universiteit ook gekeur is. Toe begin my tyd van meer akademie en minder sosiaal.  Maar daar was steeds Jool – en met Jool in 1976 ontmoet ek toevallig ‘n meisie op ‘n vlot op die Hartbeespoortdam.  Ek was mediese huisvoorsitter in my 4e jaar en saam met Henning Pieterse op die studenteraad in my 5e jaar. Ek “pass” medies in 6 jaar sonder om ooit ‘n her te kry.  Huisdokter in Witbank, army tyd in Philadelphia hospitaal naby Groblersdal. Toe by UOVS gaan spesialiseer in chirurgie – ek het immers metaalwerk as matriekvak gehad ! Daarna na Birmingham in Engeland waar ek 2 jaar spandeer as “research fellow” en “senior registrar”.  Kry daarvoor ‘n Doktorsgraad in Chirurgie.  VAALMED, Yskor van ouds se mediese fonds lok my na hulle in Vanderbijlpark en hier sit ek nog steeds. Doodgelukkig. Nog steeds getroud met die Jool meisie – Salomé. Ons het drie kinders.  Christine is in Munich met ‘n kleindogter, Johan is in Melbourne met twee kleindogters en Driaan is in Henley-on -Klip met ‘n kleinseun. 

Ek sien my hoërskool maats hopeloos te min maar het gereelde kontak met ‘n klompie op ‘n Whatsapp groepie, sien ‘n paar een of twee keer ‘n jaar en moet vir die res maar op Facebook vertrou.  Maar al sien ek julle nooit nie, beskou ek julle almal steeds as goeie vriende omdat ek my tyd saam met julle op Menlopark Hoërskool so baie geniet het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *