Mauritz Naudé

Na matriek is ek vir diensplig Lugmag toe. Tydens my diensplig en as burgerlike werk ek as grafiese kunstenaar by die weermag se televisie studios (Kollege vir Opvoedkundige Tegnologie  – KOLOT). 

Daarna is ek TUKS toe en studeer Argeologie, waar ek ook vir drie jaar vir die Department van Argeologie gewerk het. Ek was betrokke by opgrawings op die Ystertydperkterreine by Mapungubwe, langs die Letaba Rivier in die Kruger Wildtuin en op ‘n Steentydperk terrein by die Eggo grotte. Gedurende die 1980s doen ek ook opgrawings by die historiese terrein by Schoemansdal.

In 1980 word ek kurator vir die Middelburgse Stadsraad, van die Botshabelo sendingstasie erfenisprojek tussen Middelburg en Loskopdam.  Die fokus was die konstruksie van ‘n Suid-Ndebele Opelugmuseum en die rehabilitasie en restourasie van al die sendingstasie se historiese geboue. 

In 1984 werk ek vir die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Pretoria en spesialiseer in die bewaring van argitektuur. Ek doen nagraadse studies in Kunsgeskiedenis en Museumkunde en doen my Meestersgraad in Argitektuur by WITS. 

Ek gee sedert 1999 deeltyds klas in die bewaring van argitektuur (Department Historiese Studies (TUKS)), argitektuurgeskiedenis en omgewingsgeskiedenis (Department Argitektuur en Landsakapsargitektuur (TUKS), Erfeniswetgewing by die Sentrum vir Omgewingsbestuur, (Noordwes Universitieit) asook by die Department van Argitektuur (Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT)) en vir ‘n kort periode by die Department Kunsgeskiedenis (UNISA).

Veldwerk en navorsing het my forseer om ook te skryf en tientalle wetenskaplike artikels, hoofstukke en meer populere artikels is veral sedert 1993 gepubliseer.  Die navorsing en skryfwerk gaan steeds voort.

Sedert 2000 doen ek ook spesialis konsultasiewerk vir erfenis-impakstudies wat fokus op die evaluasie van historiese terreine maar veral die historiese assesering van geboue en strukture.  Projekte neem my oral rond vanaf die Kgalakgadi in die noorde tot by Kaap Agulhas.     

Ek is getroud met Sandra (du Plessis) en ons het twee seuns Charl en Louis. Sandra (ook ‘n historikus en argeoloog) is die wetenskaplike redakteur van die navorsingspublikasies van die Ditsong National Museums of South Africa. Louis is aktuaris by de Loitte en Charl is ‘n landskapsargitek. Hy doen werk vir V&L Landskapsargitekte en assisteer my met veldwerk en tegniese ondersteuning. 

2 Responses

  1. Hi Mauritz, lovely to read about all the archeological projects you have been up to since school and I’m not surprised your son became an architect like you always wanted to! Glad you are well.

    1. Hi Linda,
      Sorry, for some or other reason I missed your reply. Yes, I have been running around beautiful buildings and some really dilapidated ruins. Left the Stone Age and Iron Age behind me.

      Hope you are well

      mauritz

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *