Karien Scheepers Vervolg

Ek (Koos Marais) plaas graag hierdie stukkie nuus. Een van die lekkerste dele van die reünie is die skielike geselsies met vriende met wie ons vyftig jaar gelede kontak gehad het. Ek onthou Karien baie goed want ons kom van albei van Laerskool Lynnwood. Haar pa, oom Hein Scheepers was ‘n bekende tandarts in Pretoria en dus later jare ‘n kollega van my. My vrou Ingrid het selfs vir oom Hein gewerk. Eendag het oom Hein ook vir my, Bertus van Zyl en Francois de Vos uit ‘n baie klewerige situasie by Southbroom Gholfklub gered, maar dit sal ‘n paar bestellings whisky kos om my daardie storie in besonderhede te laat vertel. Ewentwel, Karien het gereageer op my beroep op ons klasmaats en vir my haar storie en foto gestuur. Sy het ook haar bereidwilligheid verklaar om te help met die reëlings vir 25 Augustus. So het ‘n gesprek begin. Karien het vir my vertel van foto’s wat ek van haar by ‘n atletiekbyeenkoms geneem het en ek het haar daaraan herinner dat ek af en toe haar toneelspel op Kyknet bewonder het. Sy het dekades gelede in ‘n Brigadiers film, Nicolene, opgetree. Kyknet wys steeds daardie film. Kyk gerus na hierdie Youtube weergawe: https://youtu.be/ToUtk0vJKy4

Ek plaas ook die foto’s wat ek meer as 50 jaar gelede van Karien geneem het. Ek moet byvoeg dat ek destyds self hierdie foto’s ontwikkel en gedruk het. Die een foto wys haar in haar glorie toe sy oor die wenstreep genael het en die ander foto het ek van haar op haar 13e verjaardag geneem. Kom aan klasmaats. Stuur asseblief vir my nog stories en foto’s.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *