Willem Theunissen

Na matriek het ek BComm LLB op Stellenbosch Universiteit verwerf. Wat ‘n wonderlike tyd in my lewe.  Soveel nuwe vriende , pret en baie geleer. Eers in die beroemde ( tans berugte) Huis Marais. Ek het die laaste twee jaar saam met Ernest Heunis (saam met ons in Matriek) in ‘n woonstel in Dorpstraat gebly , en ons is steeds goeie vriende. 

Ek daarna my verpligte diensplig in die Lugmag voltooi en baie ondervinding opgedoen. As regsoffisier by Opleidingskommandement land vol en selfs grens toe Rade van Ondersoek gedoen. 

My leerklerkskap ten einde as Prokureur te kwalifiseer, het ek by die Pretoria firma Ross & Jacobsz verrig. My Pa was vroeer by die firma. Ek is later ook as Notaris en Aktevervaardiger toegelaat. Ek was vir 18 jaar by R&J waarna ek en Tinus Maree ‘n Boutique Prokureurs firma Maree Theunissen Prokureurs gestig het.

Ek is met Inge-Marie Grosskopf, ook ‘n oud Parkie getroud , wie ook ‘n prokureur is. Ons het twee seuns, wat beide oud Parkies is, en ook as Prokureurs gekwalifiseer en toegelaat is. Beide is met Prokureurs getroud !

Ongeveer 7 jaar gelede het ons na die Kaap verhuis en ‘n kantoor vir Boshoff Ing oopgemaak. Beide ek en Imie is nog voltyds in die beroep.

Ons woon in Vredehoek aan die voet van Tafelberg en geniet die verblyf in die Weskaap geweldig baie . Ons mis net Pretoria se wonderlike weer !!

Ons verwag ons eerste kleinkinders in Junie hierdie jaar, ‘n tweeling by ons oudste seun en die ander een by ons jongste seun.

Ons is bevoorreg om ‘n familiehuis in Hermanus te deel en gaan gereeld naweke daarheen. Imie en ek is lief vir reis en het van ons vriendskappe met Henning Pieterse en Coen Bezuidenhout gebruik gemaak om hulle onderskeidelik in New York, London, Moskou en Den Haag te besoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *