Hiermee graag die uitnodiging wat julle aan julle klasmaats via WhatsApp of e-pos kan stuur wat al die basiese reëlings verduidelik. Ek heg ook ‘n Facebook asook ‘n Instagram prentjie aan wat julle dan op julle groepe kan plaas tesame met die teks van die uitnoding as volg:
Die skool vier hierdie jaar sy 60ste bestaansjaar!
Die Menlobond nooi julle vyf reüniegroepe, namens die skool, hartlik na hierdie spesiale reüniefees toe uit.
Vierkantopening
Vrydag, 25 Augustus, 07:00 vir 07:30
Kom geniet die oggend waar julle, as eregaste, die opening saam met die skool bywoon, op ’n kort toer deur die kampus gaan en ‘n verversing saam geniet.
RSVP asb. voor 20 Augustus 2023 by jou graadverteenwordiger.
Reüniefees
Saterdag, 26 Augustus om 16:00
Heerlike kos, kuier en vermaak in die hartjie van die skool. R400 per persoon.
RSVP asb. voor 11 Augustus 2023 by jou graadverteenwordiger
Laat weet gerus as enige iets onduidelik is. Sterkte met die aanvanklike opstel van die lyste – dis altyd die moeilikste! Laat weet gerus vir wie ek lyste kan stuur van die name wat ons op die databasis het.
Lekker aand!
Menlo-groete
GISELA ROLFES
Menlobond Alumni en Befondsing
Telefoon: 012 361 7738 | Selnommer: 078 727 4647 | Direkte e-pos: menlobond@menlopark.co.za