Martjie Roos

Ek het na matriek BA Kommunikasiekunde op die PUK studeer en het sedertdien as joernalis by verskeie publikasies soos Rooi Rose, Beeld en Rapport tydskrif gewerk en ook skakelwerk by onder meer Select Musiek, Franz Marx Films en Snelco Pro gedoen. Ek het vier jaar gelede semi afgetree en doen nog steeds vryskutwerk vir onder meer Rooi Rose, LiG, Netwerk24 en Maroela Media. Ek het ook n paar kortverhale in Huisgenoot publiseer en n kinderreeks Bundu Buddies vir kykNET geskryf. Ek skilder in my vrye tyd en het al twaalf keer na Engeland gereis en ook na verskeie lande in Europa, Afrika en die Ooste gereis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *