Le Roux Cilliers

Na skool, is ek kortliks na Pretoria Universiteit vir tokkelok studies, maar die gang is versteur en ek sluit aan by die Suid Afrikaanse Polisie waar ek amper vir  vyf jaar hoofsaaklik in die Finansiele Misdaad afdeling diens gedoen het. Terselfdertyd het ek deur Unisa verder gestudeer vir rekenmeester en met Elmien Kroon getrou.  

Ek wou graag my vakleerlingskap voltooi vir reoktroieerde rekenmeester en sluit aan by Hoek en Wiehahn waar ek in 1982 die finale eksamen voltooi het.  By die tyd het ons drie kleuters gehad, twee seuns en ‘n dogter.  By Hoek en Wiehahn, wat later Wiehahn Meyernel geword het, voordat dit deur Price Waterhouse oorgeneem is, het ek venoot geword, gekwalifiseer as rekenaar ouditeur. Dit was die begin van my lang loopbaan in rekenaar stelsel konsultasie.  Ek het vir vier jaar in die Umtata-Transkei tak van Wiehahn Meyernel gewerk en daarna terug gekom na Johannesburg waar ek van 1988-1992 gesekondeer was na die Suid Afrikaanse Lugdiens vir die finansiele stelsels oorskakeling na korporatisering.  

Ek het ook my meestersgraad voltooi in 1995 met ‘n rekenaarswetenskap fokus. Kort daarna het ek van Price Waterhouse na Deloitte oorbeweeg om as vennoot in hul rekenaar konsultasie afdeling. Met die diens by SAL en dan by Deloitte het ek geweldig baie begin reis en werk doen ooral oor die wereld. Intussen was die kinders in skole in Johannesburg en het Elmien dapper gewoel om die huis aanmekaar te hou. Met groter wordende kinders het die geleentheid hom voorgedoen om na die buiteland te verhuis veral aangesien ek teen die tyd ongeveer 75% van die tyd op ‘n ander kontinent was.  

In 1998 verlaat ons Suid Afrika met Deloitte om in hul London kantoor te gaan werk.   Nog steeds aan die reisende, wou ek graag meer tyd saam met my gesin spandeer en besluit uiteindelik in 2004 om die praktyk en konsultasie lewe te verlaat en in besigheid te gaan met my dogter, wat so pas gekwalifiseer het as ‘n binnenshuise ontwerpster.  In hierdie besondere periode was al my kinders, en Elmien op stadiums in die besigheid betrokke om hand by te sit on ‘n spesialis bouersbesigheid bestuur.  Dit was inderdaad ‘n heel anders ervaring en uitdaging.  Ongelukkig het dit met ‘n groot slag ineengestort, grotendeels as gevolg van die impak wat Elmien se kanker en afsterwe in 2010 en die ekonomiese ineenstorting van 2008 gehad het.  

Dit was ‘n groot slag, en om te oorleef gaan ek terug na konsultasie en bou Laminin Solutions as a klein rekenaar konsultasie firma op.  Ek is later weer getroud met Mari Meyer (voorheen Louw) en vier in 2023 ons tiende huweliks herdenking.  Tussen ons het ons 6 kinders, almal getroud of geskei, en 10 klein kinders wat versprei is oor vier kontinente.  Van aftree is daar nog nie sprake nie, ek is nog steeds baie bedrywig met Laminin Solutions, is ‘n baie ywerige tuinier en spandeer meeste van ons vrye tyd om erens in die wereld by die kinders en klein kinders te gaan kuier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *