Mini-reünie Maandag 27 November by Hillside Tavern

‘n Paar 1973 Matrieks het aangedui dat hulle volgende Maandag saam met Jan van Loosen, wat al die pad van Nederland af gekom het gaan kuier. Ek het met Hillside Tavern gereël vir ‘n groot tafel vanaf 17:00. Vir die wat wil eet noem ek dat die kombuis eers vanaf 18:00 oop is. Elkeen betaal vir hom- of haarself. Hillside Tavern is geleë in Hillsideweg 320, Lynnwood in die gebou wat ons as skoolkinders as die Rynlalgebou geken het. Dit is daar waar ons ons hare volgens mnr Gerber se voorskrifte gaan sny het. My tandarts was ook in dieselfde gebou. Dit is oorkant die Concordia Apteek en Lucky Rodriguez. As jy weet wat Lucky Rodriguez (spelling?) is, is dit moontlik ‘n teken van ‘n verspilde volwasse lewe. Hillside Tavern is meer vir ons ou mense bedoel…As jy regtig sukkel om Hillside Tavern te kry vra vir dr Google.

Almal is welkom om by ons aan te sluit. Sien julle vanaf vyfuur Maandagmiddag 27 November by Hillside Tavern.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *