Die opskrif is sommer klikaas (click bait), maar dit is tog die waarheid. Lank lewe die Springbokke! En as hulle so aanhou dalk die Proteas ook.
Sonja Schroeder Bosch het vanoggend twee skakels aangestuur. Die een bevat nog meer as 150 foto’s van die https://menlobond.co.za/60-jaar-reunienaweek/reünie en die ander is ‘n storie oor Jannie Rossouw se optrede by die skool https://menlobond.co.za/akademiese-top-10-funksie/
Nog nuus is dat daar verbasend baie belangstelling is in die mini-reünie wat ons beplan vir Maandag 27 November. Ek kry elke dag boodskappe van klasmaats wat saam met ons wil kom kuier. Ons sal so van 17:00 af begin kuier by ‘n plek wat ek nog sal aankondig. Hoe meer siele hoe meer vreugde. Laat weet my asb as jy ook daarin wil kom deel. Koos Marais kosiemarais@gmail.com of 0722005973