Een van ons 1973 klasmaats, Jan van Loosen, het bykans ‘n jaar gelede reeds sy vliegkaartjies vanaf Nederland Suid-Afrika toe gekoop met die doel om ons reünie by te woon. Op daardie stadium was die plan nog om die reünie die laaste naweek in November te hou. Toe kom die skool en kondig die groot reünie van 25 en 26 Augustus aan. Ons het toe die datum verander om die skool ter wille te wees. Soos ons almal weet was dit ‘n reuse sukses. Ons het lekker gekuier, maar Jan kon nie sy vliegkaartjies verander nie.
Nou kom Jan in elk geval November SA toe. Ek meen wie wil nou in die winter in Europa wees? Ek, met Jan se samewerking, het dit goedgedink om ‘n klein reünie te reël sodat hy darem weer ‘n paar van ons kan in die oë kan kyk. Jan was baie hartseer omdat hy nie by die reünie kon wees nie. Dit was ook vir hom nie ‘n lekker jaar nie. Hy moes finaal afskeid neem van sy broer Paul, wat twee jaar na ons in matriek was.
Ons gaan Maandagmiddag 27 November so van 17:00 iewers in Pretoria ietsie eet en drink. Dit hang net af hoeveel mense gaan opdaag. Ek sal mettertyd laat weet waar ons dit gaan hou.
Kontak my (Koos Marais) asb by 0722005973 of kosiemarais@gmail.com as jy planne het om saam te kuier.
6 Responses
Dankie Kosie.
Sal dit bywoon.
Dankie Koos
Ek sal graag kom.
Sal wonderlik wees om jou ook te kan sien Gerda!
Ek glo dit sal nie gewaardeer word as ek vir verskoning vra nie, dus ek sal maar ‘n plan moet maak. 😎😉
D.V. sal ek daar wees en ek sien baie daarna uit om weer skoolmaats van 50 jaar terug te ontmoet.
In Nederland sê hulle: “Hoe meer zielen, hoe meer vreugd”. Laat dit ‘n aansporing wees om te kom.
Totsiens op 27 November aanstaande.
Hi Koos ek sal ook kom dki
Annemarie
Ek sal ook ook kom saam kuier. Hoop meer kan kom. Dankie. Susan.