Frouwien Naude

46 jaar gelede het ‘n pas gekwalifiseerde en pasgetroude Spraak-Taal terapeut en Oudioloog die
stad waar sy groot geword het agtergelaat vir ‘n pos by die Onderwysdepartement in
Pietermaritzburg, KZN. Na 3 jaar het sy besluit om haar loopbaan te balanseer in Privaat
praktyk met kinders groot maak.

Louise is gebore in 1980 en het na skool in haar ma se voetspore gevolg en vir ‘n dekade oorsee gaan werk. Sy en haar man het ‘n dogtertjie van 5 jaar en ‘n seuntjie van 5 maande en bly in Johannesburg. KZN is geruil vir Kempton Park, waar Evelyn 4 jaar later gevolg het. Sy het by Maties as ‘n Aktuaris gekwalifiseer voordat sy ook vir ‘n paar jaar saam met Louise oorsee gebly het. Sy en haar man woon ook in Johannesburg en het 2 dogtertjies, een van 5 jaar en een van 2 jaar.

Tydens 7 jaar woonagtig in Durbanville, Wes Kaap het Theo in 1989 die gesin voltooi as enigste seun en werk tans as ‘n Sagteware ontwikkelaar in Centurion. Hy het onlangs sy vriendin aan die familie kom voorstel. Die kinders se storm en drang jare is in Benoni deurgebring en in 2002 verander Frouwien se status na enkellopend. In 2018 trou sy met Chris Naude van Worcester in die Wes Kaap waar sy tans haar aftrede geniet omring met wynlande, berge en honde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *