Ke Nako! Dit is tyd!

Uiteindelik het die groot naweek aangebreek. Ons hou reünie en die maats het saamgetrek. Die naweek is vanoggend afgeskop met ‘n tipiese skoolopeningseremonie in die nuwe amfiteater wat twee weke gelede ingewy is. Voorheen was dit net ‘n hoop grond. Daarna het hoofseun Henning Pieterse en hoofdogter Sonja Schroeder Bosch toesprake gehou en hulle is luidkeels toegejuig. Daar was slegs enkele 1983, 1993, 2003 en 2013 oud-leerlinge teenwoordig, maar die 1973 dames en mans het in groot getalle opgeruk. Kyk maar self na die foto’s. Ons het toe later deur die skool beweeg en ons is vertel wat deesdae daar aangaan. Dit is baie duidelik dat Hoërskool Menlopark een van die topskole in die land is. Natuurlik weet ons dit lankal, maar ons kon dit vandag self beleef en ervaar. Die werk wat die onderwysers en personeel daar doen is ongelooflik.

Vanaand kuier ons verder by Blue Crane en môreaand weer, op die skool se terrein.

One Response

  1. Dankie vir die fotos!
    Ek herken darem so hier en daar nog iemand.
    Geniet dit en gaan voluit Parkies 73!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *